Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore.

JOU DAG

Dink vandag goed na oor alles en vermy kunsmatighede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is oplettend, gee om en help graag ander mense. In 2017 moet jy heelwat minder stres en baie meer ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Om dwars te wees gaan jou vandag nêrens bring nie. Kry liewer proaktiewe maniere om van probleme ontslae te raak. Nader ook ’n kollega of mentor vir ’n bietjie positiewe, produktiewe raad.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Mercurius wat deur jou verhoudingsone beweeg, moet jy ophou om kwessies te vermy en begin kommunikeer oor wat jy regtig wil hê en nodig het. Jy kan nie verwag dat ander mense jou gedagtes wonderbaarlik moet lees nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy kan ’n paar hoogte- en laagtepunte verwag. Jy gaan beslis rusteloos voel. Jou verhouding met ’n intieme vriend of kollega kan ook onvoorspelbaar raak. Miskien sal ’n bietjie alleentyd jou minder tam laat voel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat jaloesie vandag sy lelike kop uitsteek nie. Kry die selfvertroue om jou maat genoeg vryheid te gee. Enkellopendes: Vermy liggewigte! Soek na iemand met karakter en emosionele diepte.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Probeer uit ’n dieper, volwasse perspektief na ’n gesinsituasie kyk. ’n Skoot knap diplomasie sal ook die wêreld se verskil maak! Gebruik jou kreatiwiteit op praktiese en produktiewe maniere.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Maak seker jy ondersoek vandag die feite en syfers met forensiese pynlikheid. Bevestig nuwe inligting en doen deeglik navorsing. Jy sal sien dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die vooruitstrewende Jupiter spring deur jou teken, dus gaan jy positiewe mense en situasies na jou wêreld toe aanlok. Maak seker jy slaan munt uit die gelukkige geleenthede wat na jou kant toe kom.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is jy te voor op die wa? Benut vandag op ’n slim en subtiele wyse krag van agter die skerms. Om ’n ystervuis in ’n fluweelhandskoen te wees is beter as om mense met jou Skerpioen-intensiteit die skrik op die lyf te jaag.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is geneig om op die ingewing van die oomblik goed te koop. Dis gevaarlik om spontane aankope te doen wat jy later berou. Loop dus draaie om jou geliefkoosde plaaslike winkels en aanlyn koopportale.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vandag kan jy ’n paar diep en ernstige gesprekke met ander mense verwag. Jy is nie gretig om toegewings te maak nie en jou buierige maniere en gevoelens kan ander verras.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers floreer op avontuur. Het jy jou oorsese vriende afgeskeep? Met Jupiter wat deur jou internasionale sone beweeg, moet jy alles in jou vermoë doen om jou internasionale kontakte te vertroetel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is op ’n kreatiewe oordosis terwyl jy mense by die werk en tuis inspireer. Die tyd is dus perfek om jou kreatiwiteit met professionele projekte of in ’n dinamiese groep te wys.

© Joanne Madeline Moore