JOU DAG

Jy moet probleme op ’n bedagsame en deernisvolle manier benader.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is oplettend en druk jouself subtiel uit. Januarie en Februarie is die beste maande om ’n romanse te begin, ’n huweliksaanbod te doen, te trou of jou troubeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Die planete beklemtoon jou bepeinsingsone, dus gaan jy vandag meer nadink as gewoonlik. Dit is boonop ook die ideale tyd om ’n probleem op te los of ’n onderwerp na te vors waaroor jy lankal nuuskierig is.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Hoe meer proaktief jy optree – veral wat gesinskwessies betref – hoe beter gaan die dag verloop. Die dinamiese Mars is in jou huishoudelike sone, dus moet jy jou moue oprol en ’n slag in die huis werk!

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Sommige voortvarende Tweelinge is ongeduldig. Jou alledaagse roetine beweeg teen ’n slakkepas, maar daar gebeur baie dinge agter die skerms. Gee jouself dus tyd om uit te vind wat werklik aangaan.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Wat ’n sensitiewe verhoudingsprobleem betref, gaan ander mense ál harder terugbaklei hoe meer jy probeer om hulle te beheer. Oordink dus jou motiewe behoorlik. Is jy nie dalk op die verkeerde spoor nie?

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Gee uitdrukking aan jouself! Dis hoog tyd dat jy hard werk om jou kreatiwiteit te ontwikkel. Ruim dus die tyd in om in verbinding te tree met die muse binne-in jou terwyl jy skryf, toneelspeel, teken, sing, skilder, optree of musiek maak.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sept.

Jy moet proaktief wees in die soeke na ’n bevredigende oplossing vir ’n probleem met ’n geliefde. Doen dit op ’n subtiele en sensitiewe manier wat hom/haar nie kwaad maak of onmin veroorsaak nie.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Koester jouself met goeie kos en prettige oefeninge. Jou geliefdes is veeleisend; dus gaan die dag beter verloop indien jy meer buigsaam is. Kompromie is die sleutelwoord.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Die Skerpioen-maan verbind vandag met Pluto, jou heerser, en dit beklemtoon jou intense gevoelens. Jy is ook gretig om ’n geheim te deel, ’n probleem op te los of ’n raaisel of twee bloot te lê.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Mars en Saturnus beweeg deur jou teken; dus voel dit tans asof die lewe in ’n stop-ry-modus is. Tydsberekening is noodsaaklik terwyl jy die balans regkry tussen tydig optree en geduld aan die dag lê.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan

Moenie ongesellig wees nie. Dit is tyd om ekstra liefde, sorg en betrokkenheid aan jou gemeenskap te wy. Jy sal sien: Hoe meer jy tot groepsbedrywighede bydra, hoe meer verbonde gaan jy voel.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Pluto se uithouvermoë en Neptunus se kreatiwiteit gaan jou vandag ver bring. ’n Intuïtiewe benadering gaan help om ’n probleem op te los wat jou dronkgeslaan het – hetsy in studie, werk of vrywillige werk.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Die fantastiese Maan/Neptunus-trigoon bevoordeel vandag kreatiwiteit, meelewendheid en geestelike navolging. Dit is dus ’n fantastiese tyd vir nadenke, meditasie, musiekmaak, skryf, skilder, optree of ’n hond uit ’n bos sing.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.