JOU DAG

Die samekoms van die son en Saturnus skep gunstige omstandighe vir harde werk en gedissiplineerdheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is snaaks en dinamies en verras ander aanhoudend met jou onstuimige geaardheid. In 2016 moet jy jou ooraktiewe senuwees met gereelde ontspanning kalmeer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Stroewe Saturnus kan vir hindernisse sorg – jou werk word gekritiseer en ander waardeer nie jou kreatiwiteit nie. Onthou jy is fantasties, selfs al klap niemand vir jou hande nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Saturnus vereis dat jy vandag ’n klompie werk gedoen kry. Die omstandighede is gunstig vir projekte wat met studie of navorsing te doen het. As jy nie al die feite deeglik kontroleer nie, sal daar waarskynlik foute wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar is dalk konflik tussen werk en verhoudings met professionele verpligtinge wat voorkeur geniet. Jy dink jy weet hoe iemand voel, maar misgis jy jou dalk?

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou lewe tuis of by die werk is vandag uitdagend en iemand verwag van jou om’n taak in min tyd te voltooi. Moenie kla nie – sit skouer aan die wiel en doen dit net.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit kan moeilik wees om met ’n kind of vriend te praat en misverstande is baie moontlik. Dis ook nie ’n goeie tyd om iets duurs vir jou huis te koop nie – jy sal dit dalk later berou.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Geliefdes kan vandag afsydig of veeleisend wees. Moenie probeer om wat hulle sê of doen te kritiseer nie. Hou jou besig met interessante projekte en baie fisieke aktiwiteite.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Daar is vandag geen plaasvervanger vir harde werk nie – en ook geen slim kortpaaie nie. Rol jou moue op en spring aan die werk. Is daar iemand in jou gemeenskap wat hulp nodig het?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is jou geld bietjie skraps? Die sterre moedig jou aan om ’n slim en kreatiewe plan te bedink om jou kontantvloei te verbeter. Jy sal in die toekoms die vrugte pluk van die verbeterings wat jy nou aan jou geldsake maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy dinge stadiger vat, sal jy op inligting afkom wat ander miskyk. Klein dingetjies wat jy nou miskyk, kan later groot probleme veroorsaak. Jy doen navorsing oor ’n onderwerp wat jou nog altyd gefassineer het.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy voel nie vandag baie sosiaal nie. Maak seker van die reëlings as jy reis. Hoe meer georganiseerd jy is, hoe minder spanningsvol sal die dag wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Trap versigtig. Beplanning en voorsorg sal jou ver bring. Jy verwerk inligting versigtig voor jy optree. Hou aan werk om ’n langtermyndoelwit te bereik.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is geneig om vandag deur onrealistiese skemas meegevoer te word, veral by die werk. Bly op hoogte van die feite en los fantasie vir die films as jy nie jouself wil teleurstel nie.