JOU DAG

Kreatiwiteit, deernis en spiritualiteit word vandag beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Bly gefokus op die take wat aan jou toevertrou is en vermy afleidings. As jy geduldig is en die middeweg volg, sal dit in die komende jaar tot sukses en bevrediging lei.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het vandag die vermoë om ander te oortuig – positief en negatief – afhangend van hoe jy dit aanwend. Probeer dinamies en taktvol, eerder as strydlustig en onsensitief wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Intieme vriendskap of groepsituasie kan nou uiters verwarrend wees. As jy egter die kwessies op ’n weldeurdagte manier bestudeer, sal jy uitvind wat jou volgende stap moet wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy kan vandag ’n ongelooflike klomp goed regkry aangesien jou motiverings- en energievlakke hoog is. As jy kreatiewe idees met ’n sterk werketiek kombineer, gaan jy onstuitbaar wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Intuïsie en kreatiwiteit is vandag ’n wenkombinasie. Ander mense hoop jy sal met positiewe idees, inspirerende leierskap en deernisvolle standpunte vorendag kom; moet hulle nie teleurstel nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie bang wees vir veranderings nie. Gebruik jou verbeelding om jou gewone roetine ’n bietjie op te kikker, anders gaan jy in ’n vervelige groef beland. Maak ook tyd vir gereelde oefening wat jy geniet.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag se sterre beklemtoon reis, sport, kreatiewe projekte en buitemuurse avonture. Enkellopendes kan dalk aangetrokke voel tot ’n kollega, kliënt of iemand anders wat jy deur die werk ontmoet.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die kombinasie van intuïsie en speurwerk sal jou vandag ver bring, veral wat ’n probleem met ’n familielid of kollega betref. Kennis is mag; maak seker jy het jou feite agtermekaar.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kommunikasie is die wagwoord vir uitgeslape Skerpioene terwyl jy ’n verskeidenheid mense van jou planne verwittig. Kreatiewe projekte, romanse en sosialisering lyk goed.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Venus besoek jou verhoudingsone tot 17 Junie. Dit bring broodnodige vrede na ’n deurmekaar vriendskap. Trap versigtig by iemand wat gespanne is by die werk of skool.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Suiwer sakebenadering is nie vandag die beste keuse nie. Gebruik liewer jou tyd om noukeurig en met deernis te luister na wat ander mense sê. Reageer dan daarvolgens.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Heelwat meer is by ’n bepaalde situasie betrokke as wat dit lyk; probeer jou nuuskierigheid beheer. Deernis, diskresie en sensitiwiteit is wat nou nodig is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n verruklike dag om met kreatiewe idees vorendag te kom en dit in tasbare werklikheid te verander. Moenie net oor goed droom nie. Rol die moue op, spring weg en raak besig.