JOU DAG

Om positief en proaktief te wees, is vandag ’n wenkombinasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van die Toonaangewers, het jy jou eie, unieke styl. In 2017 moet jy dierbaar en bedagsaam wees boaan jou doenlysie plaas.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy in ’n verhouding is, hou die kommunikasie met jou maat aan die vloei, wees vrygewig en moet hom/haar nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Enkellopende Ramme – soek na langdurige liefde by ’n liefdevolle Leeu of ’n sensuele Boogskutter.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met Venus wat jou verhoudingsone besoek – tot 18 Oktober – is die kortste pad na die liefdeshemel om die vredespyp met jou maat te deel. Enkellopendes, soek ’n kreatiewe Maagd of ’n sexy Skerpioen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is vandag in die bui vir vet pret en -vermaak, Tweeling. ’n Bietjie beplanning is egter nodig sodat jy kan wins maak uit jou energie-opwelling en agtelosige foute kan vermy.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Het die lewe in die Kreeftuiste ’n bietjie te voorspelbaar en saai geraak? Dis tyd om ’n internasionale geur in te bring terwyl jy weer kontak maak met buitelandse kennisse of ’n vakansie binnekort beplan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die huidige planetêre patrone moedig jou aan om jou huis- en werkverhouding aan te pas sodat dit heelwat meer gebalanseer raak – asook meer gesinsvriendelik. Sommige Leeus is gretig om te versier, op te knap of ’n storm los te kook.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Gelukkige geleentheid – van ’n finansiële of professionele aard – kan binnekort jou kant toe kom, Maagd. Jy moet dadelik daarna uitreik en dit aangryp, anders gaan jy dit misloop. Selfvertroue gee die deurslag.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Son en Jupiter verhoog jou selfvertroue, Weegskaal, en jy is gretig om in te spring en ander mense te help. Maar moenie op die ou end te veel aanpak en meer belowe as wat jy prakties kan regkry nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy voel vandag vrygewig en jou vriendelike Venus-karakter sal positiewe mense na jou wêreld toe aantrek. Hou ook jou kontakte in jou plaaslike gemeenskap aktief. Wie weet waarheen dit kan lei?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Spits jou daarop toe om jou kontantvloei kreatief en proaktief te verbeter deur iets te doen waarvan jy regtig hou. Miskien kan jy ’n aanlyn winkel skep, ander iets leer of ’n kleinsakeonderneming van die huis af begin bedryf . . .

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Het jy die afgelope tyd projekte afgeskeep wat dringend aandag verg? Vandag se sterre moedig jou aan om rus en ontspanning met heelwat dinamiese optrede te balanseer. Deurdink dinge eers goed . . . en reageer dan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die tyd is geleë om dinge jou hart af te kry terwyl jy openliker oor jou gevoelens praat. Sommige vriende en kollegas sal simpatiek wees; dus moet jy nie bang wees om jou skanse te laat sak en vir hulle te sê hoe jy regtig voel nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Buigsame Visse – jy het die neiging om probleme te vermy en jou kop stewig in die sand te steek. Die huidige sterre moedig jou aan om daaglikse uitdagings prontuit te benader met ’n slim en strategiese plan.

© Joanne Madeline Moore