JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel die kyk van rolprente of die lees van boeke wat handel oor misdaad of onopgeloste geheime. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is uiters oplettend, maar kan krities wees oor ander se pogings. In die komende 12 maande moet jy daarna streef om minder veroordelend en meer aanvaardend te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Hou op om jou oor geldsake te bekommer en wees liewer meer proaktief. As jy werklik jou geldsituasie wil verbeter, moet jy kragte saamspan met iemand wat fiskaal slim en ingelig is.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maan is vandag in die Skerpioen. Jy kan baie by jou teenoorgestelde teken leer. Soos om nie so gefokus te wees op duidelik minder belangrike besonderhede nie. Kyk onder die oppervlak om te sien wat werklik aangaan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer minder praat en meer luister wanneer jy vandag met ander gesels. Dis ook ’n wonderlike tyd om iemand se selfdunk met ’n vriendelike glimlag of ’n opbeurende opmerking ’n hupstoot te gee.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding ondergaan tans grondliggende veranderings. Dis soos ’n slang wat vervel. Dinge voel onseker, maar hou moed. Met die hulp van die kragtige Pluto is julle besig om ’n stewige, nuwe basis te skep.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Het jy feitlik alle selfdoentake by die huis uitgestel? Stel ’n rooster op sodat jy oor die volgende paar dae kan skoonmaak, opruim, versier, heelmaak en rommel uitgooi.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die maan besoek vandag jou kommunikasiesone. Dit is wonderlik vir gesels, teksboodskappe stuur, twiet, sosiaal verkeer en meer sigbaar en betrokke wees in jou gemeenskap.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil vandag alleen wees, maar moenie ander se behoeftes afskeep nie. Duidelike kommunikasie is die sleutel. En moenie die geleentheid deur jou vingers laat glip om ’n belangrike verandering by die werk aan te bring nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die maan beweeg deur jou sone; maak gereed vir ’n dubbele dosis Skerpioen-intensiteit. Jy is ernstig, hardkoppig en geheimsinnig, maar ook ongelooflik vindingryk, intuïtief en insigryk.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie die verstommende krag van jou verbeelding onderskat wat die oplos van ’n netelige probleem betref nie. Put jou inspirasie uit Albert Einstein se woorde: “Verbeelding is belangriker as kennis.”  

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Gebruik jou kommunikasievaardighede en oorredingsvermoë oordeelkundig, want hulle is sterk. Alle soorte netwerkvorming word vandag bevoordeel aangesien jy blywende bande smee met eendersdenkende siele.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Die klem val vandag by die huis, werk of skool op jou. Jou gedrag gaan ander emosioneel beïnvloed. Dink mooi voor jy iets sê of doen.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer mense – van naby en van ver – jy mee in verbinding kom, hoe meer sukses sal jy behaal. Moenie jou goeie idees vir jouself hou nie. Netwerkvorming, omgee en deel is die antwoord. 

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.