aries-hg-w

JOU DAG

Venus beweeg tot 15 April in trurat deur die Visse-teken.

AS JY VANDAG VERJAAR

Aangesien jy vriendelik is en lief is vir pret, geniet ander mense jou nabyheid. Mei, Oktober en November is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou en jou troubeloftes te hernu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus, die partytjieplaneet, beweeg nog twee weke in trurat. Jou sosiale kalender is nie so vol soos gewoonlik nie. Klein, intieme byeenkomste is gewilder as groot en lawaaierige partytjies.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus, die liefde- en geldplaneet, is steeds in agteruitbeweegmodus. Stel die volgende twee weke die neem van groot besluite ten opsigte van die liefde en die koop van duur artikels uit. Wees geduldig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus beweeg tot 15 April in trurat deur jou loopbaansone. Jy kan probleme teëkom met ’n kollega, kliënt of klant. Of jy kan sukkel om werk te kry. Wees net geduldig.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus, die plesierplaneet, beweeg die volgende twee weke deur jou reissone. Dit is nie die ideale tyd vir ’n droomvakansie of ’n plesiervaart nie. As jy dit wel doen, sal dinge nie seepglad verloop nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus beweeg die volgende twee weke in trurat deur jou sone vir geld en ander mense, moet dus nie geld aan ander mense leen nie. Dis ook nie ’n goeie tyd om aansoek te doen om ’n persoonlike lening nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus beweeg in trurat deur jou vennootskapsone. Dit sal die volgende twee weke moeilik wees om ander mense tevrede te stel. Enkellopendes, die liefde word vertraag, dus sal julle moet geduld beoefen.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die volgende twee weke is nie die beste tyd om met ’n dieet te begin, by ’n gimnasium aan te sluit of aansoek te doen om ’n nuwe betrekking nie. Die terugkerende Venus gaan waarskynlik jou planne in die wiele ry. Wees geduldig en wag tot ná die middel van April.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus beweeg in trurat deur jou liefdesone. Jy kan die volgende twee weke haakplekkies op romantiese vlak verwag. Die verhouding met ’n kind, tiener, ouer of intieme vriend kan moeilik wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Venus, die vredesplaneet, beweeg in trurat deur jou tuistesone. Verwag ’n bietjie wrywing in die gesin. Hoe meer diplomaties jy by die huis is, hoe beter sal die uiteinde van die saak wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat die sosiale media betref, moet jy die volgende twee weke versigtig wees ten opsigte van die mense met wie jy in verbinding tree en oor wat jy deel. ’n Moontlik romantiese of sakevennoot kan ’n teleurstelling wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus beweeg in trurat deur jou geldsone. Dis ’n goeie tyd om jou geldsituasie te heroorweeg. Jy kan dinge geleidelik omkeer as jy noukeurig navorsing doen en ’n verantwoordelike houding inneem.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus beweeg tot 15 April in trurat deur jou teken. Jou selfvertroue kan verflou en jou liefdeslewe kan tot stilstand kners. Dis nie ’n goeie tyd vir ’n nuwe haarstyl of om jou klerekas te vernuwe nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017