JOU DAG
Streef daarna om uitstel met ’n proaktiewe benadering te vervang.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is op die diereriem se Dag van Kwiksilwer gebore; dus gee jy maklik uitdrukking aan jou gedagtes. Moenie dinge oorontleed nie. Probeer liewer die balans tussen jou kop en hart regkry.


RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.
Saturnus stuit vandag jou motivering en energie. Jy gaan dus voel soos ’n motor wat probeer vorentoe beweeg met die handrem aan! Met hope geduld en uithouvermoë sal jy eindelik voor kom.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei
Moenie vandag geldsake afskeep nie, Bul. Jy sal uitvind dit is beslis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel terwyl jy tyd eenkant sit vir navorsing doen, hersien en oordoen. Jou geliefdes sal jou geduld en entoesiasme waardeer.


TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.
Dit gaan vandag moeilik wees om met ’n geliefde te kommunikeer, Tweeling. Hoe meer werk jy aan ’n troebel verhouding wy, hoe beter gaan die eindresultaat wees. Moet net nie kitsresultate verwag nie. Wees geduldig.


KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.
Jou gewone roetine gaan nie vandag glad verloop nie. Jy kan hinderlike vertragings en onderbrekings verwag, aangesien Saturnus jou frustrasievlakke hemelhoog opjaag. Die beste benadering is om kalm te word, af te koel en te herkalibreer.


LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.
Wat familie en vriende betref, gaan jou gewone katsjarme nie vandag werk nie, al probeer jy ook hoe hard. Dit sal dus die beste wees om jou moue op te rol en die nodige werk te doen – sonder om te kla!


MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.
Byt die suur appel deur en fokus jou onverdeelde Maagde-aandag op ’n moeilike huishoudelike kwessie. Probeer ook jou bes om die gees op te kikker van ’n intieme vriend/in of gesinslid wat swaarmoedig voel.


WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.
Jy moet baie versigtig wees in sosiale situasies – in jou plaaslike gemeenskap én aanlyn. Los aanmerkings kan uit verband geruk word. Dink dus mooi voor jy iets aanvegbaars sê of plaas.


SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.
Jy kan gemoedskommelings verwag, maar dit is niks wat jy nie die hoof kan bied nie. Hoe meer jy op verskillende maniere met geliefdes skakel, hoe beter gaan die dag wees. Moet jou nie nou oor nietighede bekommer nie.


BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.
Dit gaan ’n soort stop/ry-dag wees, aangesien projekte een tree vorentoe en dan twee treë agteruit gee. Wees maar meer geduldig as gewoonlik, Boogskutter. As jy vasbyt, sal jy wel geleidelik vordering maak.


STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.
Daar is hope dinge wat jou vandag gaan omkrap. Probeer om nie met woede te reageer nie. Vind liewer gepaste maniere om van gefrustreerde energie ontslae te raak deur strawwe liggaamlike aktiwiteit of uitdagende projekte.


WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 
Spanwerk en netwerkvorming gaan jou vandag bring waar jy wil wees. Soek iemand met wie jy kan saamwerk aan ’n projek wat jou na aan die hart lê. Wees bedag, want daar is haakplekke en oponthoude langs die pad.


VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.
Wat jy ook al vandag doen – huistakies, studeer, betaalde of vrywillige werk – jy kan verwag dat baie take twee keer so lank as gewoonlik verg. Markeer dus die pas en sorg dat jy ’n ekstra geduldige Vis is.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017