Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel die najaag van kreatiewe projekte, asook hulp aan ander.

AS JY VANDAG VERJAAR

Soek positiewe maniere om te ontsnap van gewone alledaagse werklikhede. Jy moet in 2016 meer gedissiplineerd wees by die werk, en ook jou lewe tuis in orde kry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie die krag van jou intuïsie onderskat nie. Dit kan die regte rigting aandui, veral by die werk. Gee ook aandag aan jou drome – probeer hulle vir jou iets sê?

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy realisties oor ’n projek wat binnekort moet klaar wees? Miskien moet jy ander betrek en meer delegeer? Dink kreatief en hou jou opsies oop.

TWEELING 22 Mei -21 Jun.

Weerstaan die versoeking om vandag ’n genotsugtige TV-slaaf te wees. Hoe meer proaktief jy is wat gereelde oefening en slim koskeuses betref, hoe gesonder en gelukkiger sal jy wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Strewe daarna om ferm maar buigsaam te wees teenoor ’n gestresde gesinslid. Moenie betrokke raak by sinlose argumente wat jou nêrens gaan bring nie. ’n Goeie vriend/in het goeie raad, so luister mooi.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die versoeking kan groot wees om finansies hul eie gang te laat gaan, maar jy moet op die hoogte bly van jou geldsake. Jy sal later sien verantwoordelikheid en spaarsaamheid is die moeite werd.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Raak meer betrokke by dit wat in jou gemeenskap aangaan. Of dit nou ’n mark is, ’n kunsuitstalling, skoolbasaar of omgewingsgroep, maak ten volle gebruik van die skakels in jou buurt.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Wat finansies en werk betref, is dit tyd om logika en intuïsie te kombineer. Kry eers al die feite en skep dan die moed bymekaar om jou instinkte te volg. Hulle sal jou in die regte rigting lei.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son en Neptunus aktiveer jou selfuitdrukkingsone, wat weer jou kreatiwiteit aanspoor en jou intuïsie verhoog. Dit is dus die aangewese tyd om in te skakel by die kunstenaar in jou en te luister na daardie stemmetjie in jou binneste.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Kyk jy deur ’n rooskleurige bril na ’n familielid? Miskien is die tyd ryp om meer realisties te raak oor wat werklik aangaan. As jy iets op die hart het, praat daaroor.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Geldsake trek alle aandag terwyl jy wipplank ry tussen pessimisme oor jou finansiële toekoms en ’n stil, selfversekerde gevoel. Die werklikheid lê êrens tussenin.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus wat tot 12 Maart deur jou teken flankeer, is dit ’n wonderlike tyd om jou wimpers te wapper of jou spiere te bult en te vra wat jy wil hê. Sit dan agteroor en pluk die vrugte.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se sterpatrone gee aan jou ’n welkome kreatiwiteitsaansporing, dus moet jy dit ten volle benut. Moet egter nie meegevoer raak en die grens tussen waarheid en fiksie laat vervaag nie. Hou die twee ver weg van mekaar.