Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre bevoordeel nuwe sosiale verbintenisse en pretmakery.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy haat chaos; jy hou van struktuur. In die komende jaar moet jy daarna streef om die balans reg te kry tussen verbeeldingryk en prakties wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is in ’n optimistiese fase, want Mars, jul heerser, is in die sonnige Boogskutter. Geen uitdaging is te groot nie terwyl julle die lewe met ekstra entoesiasme aandurf, maar maak seker julle slaan nie belangrike besonderhede oor nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Selfvertroue en vermetelheid is die sleutel om ’n sosiale situasie baie vroliker te maak. Probeer bowendien om jou rusteloosheid met buitemuurse aktiwiteite en prettige liggaamsoefeninge te beheer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis hoog tyd dat jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou rol in voortslepende probleme met jou maat. Kommunikasie en oorlegpleging kan intieme verhoudings weer op dreef kry.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie is vandag die gonswoord terwyl jy daarna streef om jou boodskap hard en duidelik oor te dra. Probeer ander met hope takt en ligte oorreding van jou standpunt te oortuig.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is in die luim om iets pragtigs te koop, maar gebruik eers jou tyd om navorsing te doen. En maak seker jy kan dit bekostig! As jy nie kan nie, kan jy miskien met ’n oordeelkundige spaarplan begin.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die son, Mercurius, Venus en Jupiter is almal in jou teken, dus kan jy ’n positiewe kinkel gee aan iets wat jy as ’n mislukking beskou het. Met energie en geesdrif is dit moontlik om enige hout as pragtige timmerhout te gebruik.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy moet vandag daarna streef om die balans reg te kry tussen besig wees in die wêreld daar buite en rustige alleentyd met die gedagtes en drome in jou binneste. Jy het so gou moontlik rus en ontspanning nodig.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie klein dink nie! Die son, Mercurius, Venus en Jupiter spring almal deur jou verwagting- en begeertesone; maak dus jou toekomsdrome so groot en mooi moontlik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Lê baie sorg en bedagsaamheid aan die dag as jy iets aan ’n kollega of kliënt moet verduidelik. Bowendien moet jy tyd opsysit om seker te maak hulle verstaan jou aanwysings.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Fisieke aktiwiteit is vandag ’n fantastiese manier om van ekstra energie – en kilogramme – ontslae te raak, Steenbok. Hou dus op om ’n stoelpatat te wees en begin beweeg deur te stap, aan sport deel te neem of ’n sessie by die plaaslike gimnasium kaf te draf.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is in ’n lewendige bui, maar slaan ag op jou maat se behoeftes, nie net op jou eie nie. Enkellopendes het ’n sterk smagting na liefde, maar moenie haastig ’n verhouding aanknoop sonder dat jy dinge mooi deurdink het nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jou intuïsie sal jou laat weet hoe om ’n delikate situasie te benader wat ’n kind of vriend/in betref. Sommige enkellopendes kan ’n gedoemde ontmoeting verwag met ’n onbestendige gladdemond.