JOU DAG

Daar is vandag ’n fyn lyn tussen spontaniteit en haastigheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

As jy vorentoe wil beweeg, streef daarna om minder selfvoldaan en meer gemotiveerd te wees. Romanse en liefde sal in Maart en April in die lug wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy onsensitief? Plaas jou in die skoene van ’n vriend of kollega. Jy sal dan ten dele verstaan waardeur hulle gaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Sake sal vinniger afgehandel word as jy jou gesin en kollegas meer by jou daaglikse roetine betrek. Maak dubbeld seker van alle afsprake, want vandag is misverstande moontlik.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is gefrustreer deur party mense se gebrek aan spoed en motivering, maar vandag is nie die tyd om mense aanstoot te gee nie. Bestee tyd saam met vriende wat op oplossings fokus en bly positief.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die spanning bou op en dit voel dalk asof alles buite beheer is. Die groot les wat jy moet leer, is hoe om te delegeer. Niemand – nie eens die pligsgetroue Kreef – is onmisbaar nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

’n Intieme verhouding sal vandag ingewikkeld wees terwyl Mercurius, wat agteruit beweeg, met kommunikasie inmeng. Pluto dra by tot buierige oomblikke en heelwat emosionele drama.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dis nie ’n goeie dag om ingewikkelde geldsake te hanteer nie, want Mercurius maak dit vir jou moeilik om op belangrike besonderhede te fokus. Wag tot Mercurius op 9 Oktober weer vorentoe beweeg.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Naby verhoudings is in ’n kreatiewe vloeibare staat en hoe meer aanpasbaar jy is, hoe beter sal die eindresultaat wees. Visualiseer eers jou idees voor jy dit aan die wêreld bekendstel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Berei jou voor vir ’n dag en nag van uiterstes. Jy is gretig om met veranderinge te begin, maar moenie party mense se teenstand onderskat nie. Probeer om op ’n diplomatiese manier voort te gaan.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die maan wat deur jou sone vir kreatiwiteit beweeg, moet jy seker maak jy slaan munt uit jou talle talente. As jy jou projekte met energie en entoesiasme aanpak, sal jy sukses behaal.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou emosies en optrede is vandag vir ’n verandering in harmonie! Probeer om by die werk te kry wat jy wil hê. Sê reguit en eerlik hoe jy werklik voel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is lus op op te tree en die stand van sake te verander. Maar moenie te impulsief wees nie. Luister na jou intuïsie – dit sal jou in die regte rigting lei.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan en Uranus laat val die fokus op ’n geldelike probleem en help jou om sake vanuit ’n nuwe hoek te beskou. Probeer jou kontantvloei verbeter deur iets te doen wat jy regtig geniet.