Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die maan is in die Skerpioen en dit bevoordeel navorsing en die skep van diep emosionele verbindings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is feitlik onstuitbaar as jy op ’n bepaalde rigting besluit het. Maak net in 2017 seker die pad waarop jy is, is die regte een vir jou.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Weerbarstige Ramme kan baie oorheersend wees, en jy is vandag gretig om die inisiatief te neem en aan ander mense te wys hoe dinge gedoen moet word. Maar onthou, ’n ware leier doen sy of haar tuiswerk en lei deur ’n voorbeeld te stel.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Luister vandag fyn as jy met ander mense kommunikeer, Bul. Laat dit wat hulle sê werklik by jou insink. Dan kan jy kragdadig optree – veral by die werk.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Jy is gretig om dikwels en welluidend jou opinie uit te spreek. Maar moenie verbaas wees as jou gevoelens verskeie kere deur die dag verander nie. Dis maar hoe dinge werk as jy ’n rats en aanpasbare Tweeling is!

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Jy is gretig om dinge by die werk om te dolwe, maar moenie te haastig wees nie, Krewe! Gee jou kollegas ’n kans om inligting te verwerk en maak seker dat jy hulle by jou planne inval.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Katte, daar kan vandag sensitiewe kwessies wees met ’n familielid wat baie stres. Jy voel ’n emosionele besieling oor ’n gesinsaak. Poog liewer om jou energie op slim en strategiese maniere te gebruik.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Jy het ’n sterk behoefte om oor jou gevoelens te praat. Probeer om diplomaties te wees – veral teenoor geliefdes – aangesien jy dinge moontlik subjektief beskou. Markeer die pas, Maagd.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Moenie te streng wees met jouself nie. Jou perfeksionistiese sy kort ’n ruskansie. Pak die dag met selfvertroue aan en moet jou nie kwel oor jou voorkoms of die indruk wat jy by ander mense skep nie.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Skerpioene doen nie dinge half nie. Die Maan is vandag in jou teken en dit belig jou sterk punte – en jou swakkes. Poog dus om sexy en sensitief te wees, eerder as hardkoppig en sarkasties!

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Haastige Boogskutters het tans talle projekte gelyk en haas hulle deur alles. Maak dus seker jy ruim tyd in om goed te eet en genoeg slaap te kry, anders gaan jy vir niemand van enige nut wees nie!

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Jy gaan vandag emosioneel verbind voel aan ’n intieme vriend/in of kollega. Jy kan moontlik ook beweeg word om jou bystand te bied aan ’n saak in die plaaslike gemeenskap of ’n internasionale humanitêre kwessie.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

’n Kollega kan jou vandag oorweldig as jy hom of haar dit toelaat. Die magtige Mars marsjeer nog tot 19 Desember deur jou teken. Dit is dus hoog tyd vir Waterdraers om dapper te wees en vir ander mense te wys wie is baas!

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Vandag se sterre stimuleer die kunstige, idealistiese, humanitêre en geestelike sy van jou Visse-persoonlikheid. Dit is dus ’n fantastiese tyd vir kreatiwiteit, bepeinsing of meditasie, en om iemand te help wat hulp nodig het.

© Joanne Madeline Moore