JOU DAG

Deurdink alles versigtig voor jy optree.

AS JY VANDAG VERJAAR

Streef daarna om meer buigsaam te wees, veral wat intieme verhoudings en finansiële sake betref. Die middel van die jaar is die ideale tyd om jou by ’n aanlyn maatsoekwebtuiste aan te sluit, die jawoord te vra of te trou.

RAM, 21 Mrt.- 20 Apr.

Gebruik jou rustelose energie vandag op ’n positiewe manier wat werk, studie, reis, oefening, selfdoentake tuis, ongewone stokperdjies of avontuurlustige dinge betref. Daar is nie tyd om verveeld rond te sit nie.

BUL, 21Apr.-21 Mei

Hoe meer gemotiveerd jy is, hoe meer werk gaan jy vandag agter die rug kry. Indien jy met ’n knaende probleem met ’n kollega of familielid sukkel, moet jy tyd inruim om dinge uit te praat.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie voel jy moet alles alleen behartig nie. Om uit te reik na ander, sal jou vrag ligter maak en jy sal agterkom geliefdes is alte bly om te help. Al wat nodig is, is om jou trots te sluk en te vra.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dis volstoom voorwaarts vir uitgeslape Krewe, veral noudat die son, Mercurius en Uranus deur jou beroepsone beweeg. As jy werk soek, moenie te lank wag nie. Vroeg begin is half gewin.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die son, Mercurius en Uranus in jou avontuursone, is jy gretig om binnekort iewers heen te reis. As jy nie op ’n bus, boot, trein of vliegtuig kan spring nie, reis in jou gedagtes deur middel van boeke en flieks.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Ander kan jou dalk vandag probeer aanjaag, maar hou by ’n pas wat jy verkies. Verhoudings met ’n kind, ’n tiener of ’n beste vriend kan verwarrend of intens raak, aangesien jy nie saamstem oor ’n persoonlike kwessie nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy in ’n verhouding is, moet jy met jou maat begin gesels. Enkellopendes moet verby die uiterlike prentjie kyk wat ’n potensiële maat bied. As julle nie goed kan kommunikeer nie, gaan dit nie baie lank hou nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met Venus wat jou kreatiwiteitsone besoek, moet jy dit geniet om prettige projekte met die jong mense in jou lewe te deel. Wanneer laas het jy gedans, geverf, toneelgespeel, musiek gemaak of gesing?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou positiewe Boogskutter-kenmerke kry tans ’n welkome hupstoot terwyl die magtige Mars deur jou teken beweeg. Selfversekerdheid en waagmoed is ’n trefferkombinasie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Stoei jy met ’n ingewikkelde dilemma wat jy nie op jou eie kan oplos nie? Dis ’n goeie tyd om die alternatiewe siening van ’n gunstelingfamilielid op te soek. Onthou, ’n gedeelde probleem is ’n halwe probleem.

WATERDRAER, 21 Jan.-20 Mrt.

Dis ’n fantastiese dag om jou gunstelingstokperdjie te beoefen of om gehaltetyd met ’n goeie vriend te verwyl. Jou kommunikasiesone is belig: Verwag heelwat boodskappe, e-posse, SMS’e of twiets.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Venus wat jou teken tot 5 April besoek, word jou waardering van skoonheid meer intens. Maak dus seker jy sluit aangename mense, mooi omgewings, kuns, literatuur en musiek by jou dag in.