JOU DAG

Hoe meer gefokus jy is, hoe meer vlot sal die dag verloop.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is selfversekerd en gesofistikeerd. Luister in 2016 na ’n spesiale onderwyser, mentor of vriend en leer by hulle.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het baie energie en dis ’n wonderlike dag vir fisieke, sport- of buitelugaktiwiteite en alle soorte kommunikasie. Ander sal jou entoesiasme inspirerend en aansteeklik vind.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou verhouding met ’n kind, tiener of vriend lyk vandag positief. julle deel dieselfde belangstellings en het pret saam. Weerstaan die versoeking om koppig oor ’n persoonlike saak te wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge is mal oor skinder, maar wees versigtig om nie vandag geheime uit te lap nie. Maak seker jy swyg as iemand jou in hul vertroue neem.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou hart en verstand of intellek en intuïsie kan vandag in stryd met mekaar wees en jy sukkel om ’n besluit te neem. Laat jou stabiele binnestemmetjie jou gids wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die Leeumaan gee jou selfvertroue, sjarme en energievlakke ’n hupstoot. Probeer om jou familie en vriende te koester eerder as om baasspelerig te wees wanneer jy jou persoonlike begeertes en ander se behoeftes balanseer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die buigsame Maagd kan ’n besige dag verwag. Jy sal dikwels jou vermoë moet wys om ’n paar dinge gelyk te doen. Praat met jou gesinslede voor jy langtermynbesluite neem.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die omstandigehede is vandag goed vir allerhande soorte studie en navorsing en jy span jou knap verstand in. ’n Kind, tiener of vriend het iets te sê – maak seker jy luister regtig.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Stadig maar seker wen dikwels die beker. Dit sal verhoudings help stabiliseer as jy kwaliteittyd saam met gesinslede en goeie vriende deurbring en moontlike probleme uitstryk voor hulle opduik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy wil jou mening oordra, maar as jy jou nie duidelik uitdruk nie, sal mense jou verkeerd verstaan. Jy koester groot drome, maar weerstaan die begeerte om meer te belowe as wat jy kan doen.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Ongeag wat jy doen, jy bly fokus op jou langtermyndoelwit. Moenie bang wees om jou planne halfpad aan te pas as iets nie uitwerk nie. Mercurius moedig jou aan om meer buigsaam en aanpasbaar te wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie – maak seker jy het al die feite en syfers voor jy ’n besluit neem. Wees meer proaktief om ’n bevredigende oplossing vir ’n problematiese verhouding te kry.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan en Saturnus spoor jou aan om jou gevoelens meer reguit oor te dra. Jou gesinslede en vriende sal ongeduldig wees as jy bly uitstel. Sê dus net wat jy op die hart het!