aries-hg-w

JOU DAG

Pasop vandag vir die neiging om te liggelowig en te wees en jou vertroue te maklik in mense te stel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vol selfvertroue en realisme, dus is dit moeilik om jou te ignoreer. Dit is jou jaar om te ontspan en ’n kalm kern in jou binneste te kry sodat jy nie heeltyd in volle vaart jaag nie.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

’n Kreatiewe dinkskrum is vandag ’n goeie roep, want jy kry verbeeldingryke nuwe idees. Moet net nie te meegevoer raak nie. Maak eers seker jou abstrakte idees kan in werklikhede omskep word.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Mars en Neptunus verhelder kreatiwiteit, maar die swaar eise van die dag kan jou ook leeg tap en mismoedig laat voel. Probeer dus om spannende situasies te vermy tot jy meer lewendig en robuus voel.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Mense verwag optrede en antwoorde van jou – veral by die werk. Maar het jy tydelik die pad byster geraak? Hou moed! Die dik mis sal spoedig lig en dan sal jy weer jou kreatiewe rigting vind.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Jy voel kreatief, maar kommunikasie met ander mense kan verwarrend wees. Weerstaan die versoeking om die waarheid effens te rek. Jy sal vind dat 100% eerlikheid beslis die langste duur.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Baie Leeus is ingedagte oor kwessies waarby internasionale verbintenisse betrokke is, aangesien mense na julle opkyk vir betroubare Leeu-leierskap. Wat ander Katte betref – ’n intieme verhouding kry ’n geheimsinnige kinkel.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Beskou jy ’n vriend/in of geliefde deur ’n ongewoon rooskleurige bril? Dalk vertel hy of sy jou nie die hele verhaal nie. Dit is tyd om wakker te skrik en die feite in die oë te kyk voor jy besluit.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Venus is nog in trurat; dus moet jy seker maak jy kommunikeer duidelik, anders sal daar misverstande ontstaan – veral wat vennootskappe betref. As jy twyfel, ruim die tyd in om dubbel seker te maak.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Daar is vier planete in jou welsynsone, dus moet jy meer proaktief wees wat jou gesondheid betref. Voedsame kos en gereelde liggaamlike aktiwiteit is noodsaaklik terwyl jy jou begin haas in die rigting van ’n lewendige nuwe toekoms.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Jou verbeelding is aan die brand; dus is dit ’n fantastiese dag om ’n kreatiewe projek aan te pak. Maar jy kan ook misverstaan word, veral deur ’n gesinslid. Poog dus om minder te praat en aansienlik meer waar te neem.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Kreatiewe inspirasie is hoog terwyl jy ’n persoonlike projek aanpak of met iemand anders saamwerk. Kommunikasie gaan heel waarskynlik verwarrend wees, dus moet jy dubbel seker maak wat ander mense bedoel voor jy reageer.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Moenie vandag belangrike besluite rakende geldsake neem of duur aankope doen nie. Jy sien dinge moontlik nie duidelik nie. Die kreatiwiteit loop hoog, maar maak seker jy skei feite van fiksie.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Jul meelewendheid, kreatiwiteit en spiritualiteit vlam vandag hoog. Maar ruim ook tyd in om dinge versigtig deur te praat. Anders kan jy ander mense misverstaan – of jy kan misverstaan word.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017