JOU DAG

Verwag ’n dag vol eienaardige idees en interessante gebeurtenisse.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie vasberade, maar kan ook baie verdedigend optree. Jy moet in die volgende 12 maande meer eksperimenteer by die werk en meer sosiaal verkeer tuis.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kreatiewe denke help jou ’n probleem wat jou gehinder het, oplos. Moet egter nie finaal besluit nie; slaap daaroor. ’n Verhouding met ’n familielid gaan met rasse skrede verbeter.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Was daar die afgelope paar weke probleme met ’n intieme verhouding? Jy kan ’n geleidelike verbetering in kommunikasie verwag, solank jy bereid is om die nodige tyd en moeite daaraan te bestee.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die luim om uit te help in jou plaaslike gemeenskap – maar neem jy die verantwoordelikhede teenoor jou verhouding ernstig op? Sommige Tweelinge gaan weer ’n ou romanse besoek wat nie heeltemal afgehandel is nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer proaktief en eksperimenteel jy is – veral by die werk – hoe meer suksesvol gaan jy wees. As jy nie seker is oor die manier waarop jy ’n geliefde behoort te hanteer nie, laat jou intuïsie jou lei.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die sterre aktiveer jou internasionale en portuurgroepsones, dus moet jy seker maak jy geniet jou vriende en kennisse in die buiteland. Trap egter versigtig met ’n kind of tiener wat iesegrimmig voel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dinge het stadig gevorder by die skool, kollege of werk, maar dit gaan binnekort verander. Maak dus seker jy spring wanneer die omstandighede verander. Onthou, daar is niks so goed soos om behoorlik voorbereid te wees nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Intieme verhoudings word vandag bevoordeel, Weegskaal, aangesien die harmonieuse Venus jou help om ’n huidige probleem in ’n positiewe, nuwe lig te sien. Jou verbeelding is ook aan die draai en draai, dus moet jy daai kreatiewe sappe aan die vloei kry!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die sterre stimuleer jou werksone, dus is dit jou kans om werklik vooruit te kom, Skerpioen. Moet egter nie toelaat dat professionele vooruitgang die rede is waarom jou gesin, vriende en persoonlike lewe skade ly nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy aanhou om dieselfde ou dinge te doen, gaan ’n familie- of huishoudelike probleem beslis nie verander nie. As jy werklik wil hê dinge moet verander, is ’n vars en buigbare benadering nodig. Jy moet dus kreatief raak, Boogskutter!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou huis is vandag waar jou hart is. Steenbok, terwyl jy proaktief is in jou poging om ’n huishoudelike aangeleentheid op te los of ’n misverstand met ’n familielid by te lê. Kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is jy gereed om uit die groef te spring, Waterdraer? Jy moet vandag proaktief wees in jou soeke na vars vriendskappe en innoverende inligting. Dit is ook voordelig om jou konneksies via die sosiale media uit te brei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moet vandag alles moontlik doen om goed te voel oor jouself. Maak ook seker jy omring jou met ’n klomp positiewe mense wat jou Visse-kreatiwiteit ondersteun en jou drome elke dag aanmoedig.