pisces-hg-w

JOU DAG

Doen jou bes om nie vandag roekeloos en onbetroubaar te wees nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar moet jy energie wy aan sielsverrykende projekte of emosionele navorsing. Maak ook in jou besige program tyd om gereeld te rus en ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kan verwag dat die vonke vandag gaan spat; Mars, Uranus en Jupiter klits ’n sensitiewe situasie deurmekaar. Moenie oorreageer of iets doen waaroor jy later gaan spyt wees nie. Streef eerder daarna om sake met ekstra takt en geduld te benader.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag vrygewig met jou tyd terwyl jy ander bystaan en oral goeie dade verrig. Moet jou egter nie uitput nie. Maak seker jy sit ook vir jouself tyd opsy.

TWEELING 22 Mei-21Jun.

Jy gaan omgekrap voel en lus wees om die teenoorgestelde te doen as dit wat van jou verwag word. Dit kan probleme veroorsaak, veral wat gesinslede of vriende betref. Behou jou humorsin.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is wispelturige skepsels en gemoedskommelinge is vandag waarskynlik omdat Mars, Uranus en Jupiter almal emosies omkrap. Bly besig en liggaamlik aktief. Verveling is jou grootste vyand.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie vandag ’n beheervraat wees nie. Jy voel strydlustig, maar dit kan onverwagte gevolge hê. Onthou: Sommige dinge moet liefs ongesê bly.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Moenie ’n muurblommetjie wees nie. Dis tyd om te gesels, te meng en gesellig te verkeer. Waak egter teen skielike skuiwe wat sake-aangeleenthede en gesamentlike geldsake betref.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vandag wil jy vreeslik graag mense help wat hulp nodig het. Maak net doodseker hulle benodig wel jou bystand. ’n Geliefde kan ál meer onvoorspelbaar optree; wees taktvol en katvoet.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie verwag dat almal by die werk jou moet steun nie. Hulle gee nie om hoe slim jy is of hoe sjarmant jy kan wees nie; hulle wil net weet jy kan die werk betyds en op ’n bekwame manier klaarkry.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n kind, tiener of ouer gaan onvoorspelbaar wees. Jy gaan dalk anders begin dink oor ’n vriendskap of groepsprojek. Dis belangrik om jou opsies wyd oop te hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie vandag by die huis bly sit nie, want dit sal net jou rusteloosheid vererger. Jou huislike lewe of werkroetine lyk tans onbestendig en onvoorspelbaar.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy voel impulsief, maar dink voor jy praat. As jy die eerste ding uitblaker waaraan jy dink, sal jy die res van die dag probleme moet oplos wat jy onwetend geskep het.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Is jou finansies wisselvallig? Niks geld wanneer jy dit nodig het nie, en dan verskyn geld wanneer jy dit die minste verwag? Jy sal baie veiliger voel as jy ook ’n ander bron van inkomste skep.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.