JOU DAG

Jy moet passie en opwinding te wagte wees, sowel as vertragings en onderbrekings ter elfder ure.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die sterretekens se Dag van Geduldige Praktyke gebore; dus bewonder mense jou volhardende aard. Dit is belangrik om in 2017 gereelde ontspanning by jou woeste roetine in te sluit.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag probleme vermy nie, Ramme. Wees reguit en mik daarna om kommunikasieprobleme so vinnig moontlik op te los. Hoe meer liefdevol en vrygewig jy teenoor geliefdes is, hoe beter sal die dag verloop.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die Maan is in jou huishoudelike sone, wat die meestersjef in jou wakkermaak, terwyl jy die grasieuse gasheer of gasvrou vir ’n spesiale persoon speel. Spits jou ook toe op ’n kollega of geliefde wat jou ondersteuning nodig het.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Son-Jupiter-verbinding verhoog jou Tweeling-optimisme en vertraag jou reeds kort aandagspan. Probeer dus ruimhartig pleks van spraaksaam wees, en spontaan, pleks van onverskillig.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Huishoudelike sake en verhoudings met familielede lyk vandag wonderlik, terwyl Jupiter alles seën wat met jou huislewe te doen het. Hoe meer opgeruimd en proaktief jy raak, hoe beter sal jy voel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Son span saam met Jupiter, die planeet van vooruitstrewendheid; dus is gelukskote aan jou kant. Maar Saturnus maak seker dat jy al die nodige voorbereiding getref het. Dit kan dus ’n tydjie duur voor gelukskote oor jou pad kom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Waar ’n sakeooreenkoms of ’n finansiële besluit betrokke is, moet jy ’n obsessie kry oor geringe details wat nie werklik saak maak nie. Die Son en Jupiter moedig jou aan om groot te dink terwyl jy vir tye van welvaart beplan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is vandag vol lewenslus. Jupiter span saam met die Son in jou teken; dus is daar baie om na uit te sien terwyl jy gelukskote aantrek, sukses bevestig of ’n mylpaal vier.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene tot die redding! Vandag verhoog die Son-Jupiter-sameloop jou geesdrif om diegene by te staan wat siek is of hulp kort. Jy sal sien dat, hoe meer jy ’n helpende hand na ander mense uitsteek, hoe beter sal jy voel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Daar is goeie veranderings op pad wat jou in ’n opwindende leierskapsrol in ’n groepsituasie plaas. Maak net seker dat jy eers al die nodige navorsing agter die skerms doen.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met die Son en Jupiter se hulp is die tyd geleë om om ’n werk of bevordering aansoek te doen, jou werkruimte te herversier, jou onderneming uit te brei of op ’n kollega verlief te raak. Die Geluksgodin is aan jou kant.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat jou Waterdraer-aspirasies betref, voel jy ongewoon rusteloos en teenstrydig. Die Son en Jupiter verhoog jou selfvertroue en moedig jou aan om ambisieuse doelwitte te stel.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se sterre skyn ’n ernstige kollig op jou beroeps- of werkvooruitsigte. Moenie jouself onderskat nie! Dis tyd om aan ander te wys dat jy uitdagings, druk en ekstra verantwoordelikhede kan baasraak.

© Joanne Madeline Moore