JOU DAG

Wees vandag ekstra besig en sosialiseer baie om verveling te vermy.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n natuurlike vermoë om die mense om jou te beïnvloed, maar jy moet leer om nie die mag wat jy oor ander het uit te buit nie. In 2016 moet jy verstandelik en fisiek meer buigbaar wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Gesamentlike ondernemings of verhoudingskwessies word vandag bespreek, maar moenie ’n moontlik produktiewer verhouding bederf deur baasspelerig en weerbarstig te wees nie. Probeer om te deel en kompromieë aan te gaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Goeie geluk kom deur ’n kind, tiener, vriend of geliefde of selfs deur ’n kreatiewe projek, gunsteling-stokperdjie of sportstrewe. Vir enkellopende Bulle hou liefde en reis op gunstige maniere verband.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer hou jou spraaksaamheid in toom en wees flukser. Stel liewer ’n belangrike besluit oor ’n naby vriendskap na ’n meer gepaste tyd uit.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy verhoudingsprobleme ondervind, sal dit nie opgelos word as jy nors is en in jou dop kruip nie. Die sterre moedig jou aan om dapperder en meer deernisvol te wees – moenie die probleme ontwyk nie!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Pas jou manier van kommunikasie vandag aan – dieselfde aanslag sal beslis nie vir almal werk nie. Party mense moet versigtig benader word – vermy dus kontroversiële onderwerpe en dié wat duidelik taboe is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is gretig om met ’n uitdagende projek voort te gaan en het ander se insette nodig om aan die gang te kom. Maar jy sal geduldig moet wees, want baie mense is nie gemotiveerd nie en ook nie lus om hul samewerking te gee nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis ’n fantastiese dag vir allerhande soorte verhoudings – persoonlik, professioneel, romanties en platonies. Jy is in ’n sonnige, sosiale luim en ander sal vriendelik en entoesiasties daarop reageer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Koppige Skerpioene se verhouding kan stagneer. As dinge in jou persoonlike lewe nie uitwerk nie is dit dalk tyd om meer buigbaar en behulpsaam te wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jou sonnige kant skyn die hele dag vir almal om te sien, veral wanneer jy met die publiek werk. Invloedryke mense wag om jou te help. Moet dus nie te trots wees om hulp te vra as jy dit nodig het nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Voel jy gefrustreerd oor die toekoms? Lyk dit asof jou drome en doelwitte permanent moet wag? Vandag is daar groot vordering. Wens en laat dit dan waar word.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy het fantastiese idees vir jou loopbaan, maar om oor iets te dink is nie dieselfde as om dit te doen nie. Hoe meer wispelturig jy is hoe slegter sal die dag wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou kreatiwiteit is aan die werk, maar moenie wonderlike idees vermors deur te veel te tob en uit te stel nie. Dis die ideale dag om vir ’n geliefde te sê hoe baie jy regtig omgee.