JOU DAG

Spiritualiteit, kreatiwiteit en meelewing word vandag beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moed en stamina is jou spesialiteite. November is die beste maand om by ’n afspraakwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou troubeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die kreatiewe en spirituele Neptunus help jou vandag om die onbekende in te duik. Sit jou speurderhoed op terwyl jy ’n raaisel opdiep, ’n geheim blootlê of ’n onderwerp navors wat jou nog altyd gefassineer het. 

BUL 21 Apr.-21 Mei

Motivering en verbeelding gaan jou vandag ver bring terwyl jy ’n probleem met ekstra sorg en deernis ondersoek. Onthou: Die beste oplossing is nie noodwendig die mees voor die hand liggende een nie. 

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n fantastiese tyd om ’n dinkskrum te hou oor kreatiewe idees wat jy by die werk kan gebruik. Soek jy jou droomwerk? Stel ’n wenslys van jou vereistes saam en stuur dan jou voornemens die heelal in.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in die bui vir fantasievlugte en kreatiewe gesprekke. Vandag sal jy betekenisvolle verbindings opsoek, aangesien die meelewende Neptunus jou gevoelens verdiep en jou fyngevoeliger maak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou verbeelding is aan die brand, want die wonderlike Mars/Neptunus-aspek verhoog jou skeppingsdrang en stimuleer die kunstenaar in jou. Dus, soos jou mede-Leeu Madonna sing: “Express yourself!”

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Maak seker jy bied vandag hope meelewende steun aan ander. Hulle wend hulle na jou vir aanmoediging en positiewe oplossings eerder as voortdurende kritiek – hoe “konstruktief” ook al.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil vandag op ekstra goedaardige en simpatieke maniere aansluiting vind by kollegas. Dit is dus die ideale tyd om die verwarring uit die weg te ruim en die bron van professionele aangeleenthede te bereik.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet vandag proaktief en kreatief wees wat jou vriendskappe, sosiale kring en internasionale verhoudings betref. Hoe meer jy oorsese vriendskappe koester, hoe meer gelukskote sal na jou kant toe kom.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Optimisme en rusteloosheid is albei hoog; kry vandag positiewe maniere om jou sonnige energie te kanaliseer. Gesinsake word bevoordeel, veral as jy ekstra goedhartig en simpatiek is. 

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Stadig oor die klippe! Gebruik jou tyd om op ’n meer sensitiewe en simpatieke manier na dinge te kyk. Gesamentlike ondernemings en die sosiale media word vandag bevoordeel omdat jy kreatief en proaktief raak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Het jy geldprobleme? ’n Meer proaktiewe benadering kan ’n verandering meebring. Soek ’n aanpasbare kollega en begin saam ’n klomp superkreatiewe idees uitdink.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy ’n persoonlike probleem? Of is daar ’n moeilike situasie rakende ’n kind, tiener of intieme vriend/in? Jou vertroude intuïsie sal vandag vir jou die regte rigting aandui. 

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.