JOU DAG

Kies vandag bestaande vriende en verskillende vorme van vermaak uit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Danksy jou slimmigheid en liefde vir vryheid geniet jy dit om uitdagings aan te pak. Jy kan egter ook baie eiewys wees. Jy moet in die volgende 12 maande spontaner en buigbaarder wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die planete maak vandag jul rustelose geaardheid wakker en verkort jul konsentrasievermoë, Ramme. Skud dus jou roetine ’n bietjie reg, hou jou gedagtes besig en verwyl jou tyd met fisieke aktiwiteite in die vars buitelug.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat besigheid en finansiële sake betref, is weldeurdagte optrede nodig; maak dus seker jy doen deeglike navorsing . . . en vermy oorhaastige geldskuiwe wat jou later kan berou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Saturnus kalmeer vandag jou emosies, Tweeling, en dit sal weer help om ’n persoonlike verhouding te stabiliseer. Moenie bekommerd raak as jy op ou spore loop nie; dis presies wat nou nodig is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Vriend, kollega by die werk of geliefde het vandag hulp nodig, maar pasop dat jy nie baasspelerig raak en oorneem nie. Ou oplossings gaan nie help nie; jy moet op die hoogte bly met vindingryke nuwe maniere om probleme op te los.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy jou vurige energie in toom kan hou, sal dinge vandag goed verloop. Mik daarna om ander mense te inspireer eerder as om hulle af te skrik met baasspelerige gedrag of onredelike eise.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Kommunikasie met gesinslede is nou moeilik, want Saturnus beweeg agteruit deur jou huishoudelike sone. Boonop gaan jy net dinge vererger as jy geliefdes kritiseer!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie toelaat dat ’n vriend of kennis jou manipuleer terwyl hy/sy jou probeer oorreed om iets teen jou beterwete te doen nie. Staan by jou beginsels . . . en doen dit met ’n oortuigende Weegskaal-glimlag!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Vriend of kollega verskaf aan jou inligting wat jou uit ’n finansiële penarie kan red. Maar skop jy vas teen verandering en klou jy vas aan ’n idee of houdings wat lankal verby hul vervaldatum is?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit kan voorkom of Saturnus jou terughou, en dit kan baie frustrerend wees. Die Opdraggewende planeet is egter eintlik besig om jou te leer om geduldiger en produktiewer te wees, iets wat jou vorentoe goed te pas sal kom.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag se voortreflike maan/Saturnus-verbinding is uitstekend om die balans tussen proaktief en geduldig wees reg te kry. As jy die verhouding kan regkry, gaan jy regtig ’n paar doele inkry!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy vandag dinge kreatief en oorspronklik op die sosiale media oordra, sal jy verbasend positiewe reaksies kry. Dis ook tyd om in te skakel by jou plaaslike gemeenskap.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wens jy die dag het meer ure gehad sodat jy die vele take wat moet klaarkom, kan afhandel? Die planete skud jou uit enige selfvoldaanheid, maar pasop dat jy nie roekeloos raak met kontant nie.