JOU DAG

Vandag se sterre moedig kreatiwiteit en proaktiwiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

2016 is die jaar waarin jy jou prioriteite moet uitstryk en doen wat vir jou reg voel. Julie en Augustus is die perfekte maande vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Stokperdjies, kreatiwiteit en selfuiting behoort almal vandag te floreer, terwyl Ramme aan die gang kom, gemotiveer en geïnspireer om noodsaaklike veranderings te maak. Die vertroeteling van vriendskappe word ook begunstig.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die klem val vandag op familie en vriende. Julle voel optimisties oor die toekoms, maar moenie suksesse bederf deur geliefdes te kritiseer nie. Hou die geselsies lig en onomstrede!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie is die wagwoord, terwyl jy rondgaan en sosialiseer. As iets jou pla, praat met ’n vriend daaroor. Soek ook skeppende oplossings vir ou probleme.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Sakeaangeleenthede word begunstig terwyl jy jou professionele netwerk uitbrei om positiewe mense, wat vooruitgang maak, in te sluit. Wat dieet en oefeninge betref, strewe daarna om meer gedissiplineerd te wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n goeie dag om met vriende deur te bring en aan groepsaktiwiteite deel te neem terwyl jy sosialiseer en ’n goeie netwerk opbou. Enkellopendes, hou jul oë oop by die werk vir ’n gulde geleentheid.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die voordelige Jupiter spring deur jou teken – tot 9 September – terwyl hy optimistiese, geesdriftige, bonsende energie in jou rigting stuur. Gryp dus die geleenthede aan wat na jou kant kom.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dis tyd om goed te voel oor die lewe, die liefde en die heelal. Jou opregte belangstelling in andere trek mense na jou aan. ’n Gevoel van sekuriteit is die sleutel om oorvloed te lok; dus moet jy jouself op aangename maniere vertroetel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is ywerig om jou idees met die wêreld te deel, maar wees versigtig dat – in jou haas – jy nie die bedoelings deurmekaarkrap nie. Wees ekstra versigtig wanneer jy boodskappe op sosiale media plaas.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Baie Boogskutters gaan in die openbare kollig beland; maak daarom seker jy is voorbereid. Jou geheime wapen is selfversekerdheid. As jy nie in jouself glo nie, hoekom sal enigiemand anders?

BOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat jou ambisies vir die toekoms betref, moenie klein dink nie. Maak, met Jupiter in jou aspirasie-sone, jou werkdoelwitte en drome so groot en mooi moontlik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verhoudings met familie en vriende behoort vandag glad te verloop. En maak seker dat jy goed met jouself kommunikeer. Moenie toelaat dat neerhalende selfkritiek ’n duik in jou selfversekering maak nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Streef daarna om daaglikse werklikhede met jou helder, ryk fantasielewe te balanseer. Jou leuse op die oomblik kom van die bekende skryfster, Virginia Woolf: “Jy kan nie vrede vind deur die lewe te systap nie.”