JOU DAG

Vandag sal dinge vir jou reg uitwerk as jy minder liggelowig en meer selfversekerd is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak die volgende 12 maande werk daarvan om meer vergewensgesind te wees. Augustus en Oktober is die beste tyd om by ’n maatsoekwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, verloof te raak, te trou of jou huweliksbande te smee.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vermy dit vandag om binnenshuis te sit, Ramme. Jy wil rondloop omdat jou rustelose swerwersgene aangewakker is, maar verwag ’n taamlike hoeveelheid verwarring en chaos op jou pad.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Handel enige roetinewerkies so vroeg moontlik af sodat jy kan ontspan, afkoel en jou opgewerkte senuwees rus laat kry.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie afleidings maak oor die motiewe van ’n geliefde of kollega nie. As jy die situasie mooi bekyk – en jou voorgevoel gebruik – sal jy dinge vanuit ’n breër perspektief sien.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Pligsgetroue Krewe wil inspring en dinge gedoen kry. Moet egter nie aanneem jy weet wat ’n geliefde of kollega dink nie; jy misgis jou dalk heeltemal.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy het die geleentheid om ’n kind, tiener of intieme vriend vandag op ’n kragtige, positiewe manier te beïnvloed, so moenie die kans laat verbygaan nie. Maak seker jy gee praktiese, toepaslike raad.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Veelsydige Maagde hou daarvan om selfversorgend te wees, maar moenie vandag voel jy moet alles self doen nie. Kry ander sover om hand by te sit en die werklading ligter te maak. Hulp is beskikbaar – jy moet net vra.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

As jy jouself uit jou gemaksone dwing, sal jy ’n uitstekende dag vol betekenisvolle persoonlike interaksies hê. Moet egter nie verwarrende boodskappe op sosiale media stuur nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene in verhoudings: Kyk na die toekoms en stel saam doelwitte. Enkellopendes: Moenie net by die verhoudingpoel inspring nie. Navorsing en beplanning is nodig sodat jy jouself die beste moontlike kanse kan gee.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit is tyd om jouself te verbeter by die skool, kollege of werk terwyl jy eksperimenteer met ’n verrassende nuwe benadering. Die resultate gaan stadig sigbaar word, so jy sal ongewoon baie geduld aan die dag moet lê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy voel dalk terneergedruk, maar moenie toelaat dat onnodige bekommernisse en negatiewe selfpraatjies vandag jou spoed breek nie. Selfversekering is lewensbelangrik. As jy nie in jouself glo nie, hoekom sal enigiemand anders?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

’n Huishoudelike situasie is broos, maar moenie dat dit jou van koers af gooi nie. As jy vas staan en ferm maar buigbaar is, sal jy heel goed deur die dag kom. En moenie jou steur aan nietighede nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie meegevoer raak met onduidelike gedagtes en vreemde buie nie. Kanaliseer jou ooraktiewe verbeelding na professionele en huishoudelike dinge wat jy wil vermag. En kry jou gedagtes weg van jouself deur ander te help.