Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore.

JOU DAG

Met vandag se sterre moet jy die onverwagte te wagte wees en daarvolgens beplan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is magneties en dramaties. Jy het ’n sterk perfeksionistiese streep en uiters hoë verwagtinge. In 2017 moet jy minder stres en heelwat meer ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme voel rusteloos en die maan/Uranus-kombinasie beproef jou beperkte geduld verder. Jy is die bui vir avontuur en verandering, so doen vandag ’n slag iets anders.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hou aan werk aan ’n frustrerende probleem met ’n gesinslid. Jy sal hom/haar eindelik wel met jou Bul-verdraagsaamheid en -geduld aan jou kant kry. Volharding is die sleutelwoord.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Het jy met ’n geliefde vasgesit? Die vredeliewende Venus besoek tot 12 November jou verhoudingsone. Dit is dus nou tyd om jou trots te sluk en die olyftak van vrede te swaai.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die fokus is vandag op werk- en finansiële sake. Moenie staatmaak op dieselfde ou manier van dinge doen nie. ’n Intuïtiewe, innoverende benadering kan sorg dat dinge ’n opwindende nuwe rigting inslaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is in ’n genotsugtige bui met die maan wat deur jou teken beweeg en jou primadonna-neigings verhoog. Streef dus daarna om kreatief en selfversekerd te wees – eerder as baasspelerig en oordonderend.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Misterie en intrige is vandag in die omtrek terwyl jy ’n geheim deel, ’n geheimsinnige probleem oplos of ’n nuwe misdaadfiksieboek lees. Maak dit ook ’n prioriteit om ’n bietjie ontspanning by jou besige skedule in te werk.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Verbonde Weegskale: Dit is nou die tyd om jou maat met iets wonderliks te verras. Enkellopendes: Moenie bang wees om ’n kans te waag nie. Liefde wag waar jy dit die minste verwag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is hardkoppige mense en dit is soms vir hulle moeilik om verskillende sienings te akkommodeer. Probeer vandag ander menings oorweeg. Vermy ook die versoeking om te rigied oor goed te dink.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Spontane Boogskutter: Reis en avontuur is in die kollig terwyl jy die groot, wye wêreld daar buite verken. Wees egter ekstraversigtig as jy bestuur, fietsry en naby verkeer stap.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Vriend of gesinslid kan jou vandag met ’n verrassende skuif ontstel. Probeer dit in ’n positiewe lig sien. Dit is dalk net wat jy nodig het om dinge in ’n positiewe rigting te laat ontwikkel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Puik maan/Uranus-aspekte sorg vir ’n prettige dag vol lewendige gesprekke en heelwat algemene bedrywigheid. Spanpogings word veral bevoordeel, maar jy moet besef nie almal sal so ywerig soos jy wees nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiwiteit en innovasie is vandag onder die loep terwyl heerlike dagdrome jou wegvoer na ’n fantasiewêreld. Volg jou instink wat ’n kwessie met iemand anders of ’n viervoetige vriend betref.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016.