JOU DAG 

Aspekte van Venus en Saturnus kan bestaande verhoudingsprobleme vererger. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou opwindende persoonlikheid en onblusbare gees kan innerlike onsekerheid verbloem. Jy moet oor die komende 12 maande leer om jou eie grootste aanhanger te wees. 

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Verwag dat vandag ’n stop-ry-dag gaan wees. Dinge sal die een oomblik voortspoed en die volgende teen ’n slakkepas beweeg. Jy gaan boonop moontlik gefrustreerd ook voel, veral wat ’n familielid, buurmens of vriend/in betref.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Intieme verhoudings lyk vandag moeilik, Bul, aangesien ernstige verantwoordelikhede pret en plesier oorskadu. Dit gaan Bulle dus die beste baat om verpligtings op ’n bekwame en nougesette manier aan te pak.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Verhoudings met geliefdes lyk ingewikkeld, aangesien dit wil voorkom asof almal tekort skiet aan die verwagtings van ander mense. Hope ekstra geduld word dus vereis as jy ongeskonde deur die dag wil kom!

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

As jy tans op ander mense staatmaak om jou aan te moedig en by te staan, gaan jy teleurgestel word. Hulle het hul eie probleme om op te los, dus sal jy eenvoudig maar ’n selfstandige Krap moet wees.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Lewendige Leeus is gereed om te skyn, aangesien die son, Mercurius en Mars deur jul teken skitter. Maar ’n intieme vriendskap of kreatiewe projek lyk problematies en sal moontlik ’n meer gematigde benadering nodig hê.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Vandag gaan verhoudings met ’n kollega of gesinslid frustrerend wees, en hoe meer jy ander mense probeer aanjaag, hoe meer gaan hulle teenskop. Geduld is die vernaamste les wat Maagde tans behoort te leer.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Moenie jouself – of ander mense – te hard oordeel nie. Strewes na volmaaktheid gaan vol frustrasies wees, dus moet jy net dinge aanvaar soos wat hulle kom. Daar moet ook so gou as moontlik aandag gegee word aan probleme met jou motor.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Gee jou geldsake een tree vorentoe en twee treë terug? Venus moedig jou aan om ’n finansiële projek aan die gang te kry, maar Saturnus waarsku jou om al jou tuiswerk en agtergrondkontrolerings deeglik te doen.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Saturnus draai blykbaar teen jou, dus is die kanse goed dat jy vandag gefrustreerd en ongeduldig sal raak oor iets of iemand. Die beste manier om vertragings die hoof te bied, is om diep asem te haal en dan aan te beweeg.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Saturnus verlangsaam alles, dus gaan entoesiasme- en energievlakke laag wees. Hoe meer gestruktureerd en gedissiplineerd jy is – jou sterk punte – hoe makliker gaan jy deur die dag kom.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Jy is vandag vol fantasties oorspronklike idees, maar moenie verbaas wees as afsprake op die nippertjie vertraag of gekanselleer word nie. En verwag dat ’n groot doelwit of droom tydelik uitgestel sal word.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Poog om die balans tussen jou huidige persoonlike en professionele lewe reg te kry. Geliefdes sal bloot krenterig en krities wees indien jy te veel op jou werk konsentreer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.