JOU DAG

Jy het goeie sterre om emosioneel proaktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy haat dit as ander mense vir jou sê wat om te doen. In 2016 moet jy balans kry tussen persoonlike vryheid en bevredigende verhoudings.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Verwag vandag ’n emosionele wipwarit, want die planete bring jou van stryk en maak jou buie onvoorspelbaar. Vermy belangrike besluite tot jou emosies weer stabiel is.

BUL 21 Apr.-21 Mei

’n Geliefde kan jou met ’n onverwagte skuif verras. Jou eerste reaksie is waarskynlik die beste en jy is eerlik oor wat jy voel.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Is jy lus om nuwe plekke saam met jou maat of ’n goeie vriend te verken? Waarom reël jy nie ’n avontuurlike kampuitstapppie of ondersoek ’n onderwerp waarin jy nog altyd geïnteresseerd was nie?

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag ’n ontwrigtende dag wat familie en vriende betref. As jy geduldig en vol begrip is, sal jy enige probleme met deernis en kalmte kan hanteer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Soek kreatiewe en blywende maniere waarop jy in jou plaaslike gemeenskap kan help. Maar moenie jou idees op ander afdwing nie. Jy sal meer sukses behaal as jy subtiel met voorbeeld lei.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

’n Vriendskap of vennootskap wat geld behels is in ’n vloeibare staat. Moenie tyd mors deur bekommerd te wees oor watter rigting sake inslaan nie. Dit verander heeltyd.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Was jy te besig om uit te vind wat in ou vriende se lewe aangaan? Dis tyd om weer by mense wat soos jy dink in jou gemeenskap uit te kom. ’n Geliefde kan rusteloos en rebels wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie te beherend wees nie. ’n Inklusiewe benadering sal jou baie vinniger op die plek kry waarheen jy mik. Kommunikasie met ander is vrugbaar as jy tyd maak om regtig te luister.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Venus en Mars in jou sone vir hoop en wense moet jy geesdriftig en proaktief oor jou doelwitte vir die toekoms wees. Moenie net daaroor droom nie – laat dit gebeur!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dit kan vandag na werk voel om ander te help. Maar terwyl jy iets doen vir ander wat hulp nodig het, help jy ook jouself. As jy buigsaam is, sal jy verrassend tevrede voel wanneer die dag verby is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Iemand gee jou ’n raaisel en jy is gretig om dit op te los. Groepaktiwteite, spansport en netwerk is in die kollig en jy bestee tyd saam met ander op ’n verskeidenheid stimulerende maniere.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag in die bui om ander te help. Moenie die krag van netwerk onderskat om die weg te baan vir nuwe, opwindende vriendskappe, sakegeleenthede en internasionale kontakte nie.