JOU DAG

Kommunikasie behoort te verbeter terwyl Mercurius nou vorentoe beweeg.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vrolik en vermaak die mense rondom jou. Streef daarna om geduldiger te wees met ander en gee geliefdes ruimte om hul eie foute te maak.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Aktiwiteite wat lenings, aandele, kontrakte of jou begroting raak, behoort geleidelik te verbeter terwyl Mercurius deur jou geldsone beweeg. Mars is nog in trurat; wees geduldig.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy het vandag die vermoë om wat jy dink, goed uit te druk terwyl Mercurius vorentoe beweeg in jou teken in. Kies jou woorde met oorleg, aangesien dit ander mense emosioneel kan beïnvloed.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius – jou heerser – beweeg vorentoe. Aktiwiteite wat kommunikasie, rekenaars en reis insluit, behoort te verbeter en jy kry jou bekoring terug.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Groepaktiwiteite behoort deur Mercurius se toedoen te verbeter. Almal sal goed saamwerk om ’n bevredigende doelwit te bereik. Luister aandagtig na wat ander mense sê.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Ander plaas druk op jou om met ’n paar slim oplossings vorendag te kom. Wees kreatief; moenie aan die ou maniere van dinge doen vasklou nie. Probeer skeppende, nuwe idees uitdink.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verwag die onverwagte. Verhoudings sal jou verras; niks is soos dit blyk te wees nie. Begin jou volgende vakansie beplan terwyl Mercurius nou in jou reissone inbeweeg.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius beweeg vorentoe en dit behoort ’n intieme verhouding of gesamentlike finansiële projek wat stilgestaan het, te bevorder. Wees ekstra versigtig oor wat jy aanlyn kwytraak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kommunikasie behoort te verbeter terwyl Mercurius deur jou vennootskapsone beweeg. Doen wat jy kan om onenigheid uit te stryk en dinge op ’n positiewe manier aan die gang te kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Probleem by die werk of ’n gesondheidskwessie verbeter stadig maar seker. Danksy Mercurius sal jou daaglikse welstand verbeter. Kies gesonde kos-opsies wat jy geniet.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Weerstaan die versoeking om teruggetrokke en buierig te raak, om sodoende jou emosionele onsekerheid te verdoesel. Duidelike en eerlike kommunikasie sal jou verder bring as knorrige gedrag.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius beweeg vorentoe, maar dit sal ’n paar dae duur voor kommunikasie met familielede verbeter; wees geduldig. Jy sal iets goeds ontvang as jy wag.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie waardevolle tyd mors nie. Noudat Mercurius vorentoe beweeg, kan jy openlik wees. Maak seker jy is eerlik met ander en hou hulle op hoogte van al jou planne.