JOU DAG

Wanneer die maan in Saturnus is, bevoordeel dit studie, sport, oefening en reis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou standaarde is hoog en jy het ’n eg professionele streep. Vanjaar is die jaar waarin jy meer dikwels uitgelate moet wees en ’n bietjie pret geniet!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan beweeg deur die spontane Boogskutter, dus is jy vandag gretig om slim en vinnige besluite te neem. Werk, reis, avontuur en prettige groepsaktiwiteite word ook bevoordeel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Skud jou gewone roetine deurmekaar, Bul. Jupiter spring deur jou welsynsone, dus is dit tyd om jou drafskoene af te stof en te begin beweeg, of dit nou in die gimnasium of in die buitelug is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die klem val vandag op die verbetering van vennootskappe, hetsy van die romantiese, platoniese of sakesoort. En is dit nie hoog tyd om jou vriendskappe met ’n nuwe internasionale groep te verfris nie?

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius en Pluto help jou om ’n huidige probleem rakende ’n vennootskap op ’n dieper en meer grondige manier te beskou. Die verhouding kan met ’n paar ligte plukkies geleidelik omgedraai en omskep word.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou vurige humeur – of ’n lawwe misverstand – kan vandag die kat tussen die duiwe loslaat. Die huidige situasie is ingewikkeld, dus moet jy kalm raak en probeer om jou sin vir perspektief te behou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Intieme verhoudings kan vandag verwarrend wees as jy iemand anders se motiewe verkeerd verstaan. Hoe meer proaktief jy is met die uitstryk van kommunikasieprobleme, hoe beter sal die dag wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie te vining gevolgtrekkings maak nie. Probeer om jou in te stel op ’n kind, tiener of vriend/in se gevoelens wanneer jy met hulle kommunikeer. Met ’n bietjie hulp van jou intuïsie sal julle mekaar eindelik verstaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die planete boots jou emosies na en hulle versterk jou behoefte om met ander mense te kommunikeer. Dit is dus ’n goeie dag om jou gevoelens oor te dra –persoonlik of deur middel van ’n tydige plasing, telefoonoproep, selfoonboodskap of twiet.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die maan beweeg deur jou sone, dus gaan jy vandag lewendig en entoesiasties voel. Maar, as jy tot oorhaastige gevolgtrekkings kom, kan jy met pap op jou Boogskuttergesig sit.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag kom alle soorte gemeenskapsprojekte, groepsaktiwiteite en sosiale netwerkvorming in die kollig, Steenbok. Dit is dus ’n goeie tyd om jou plaaslike kontakte uit te brei en jou vriendekring te koester.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Ingewikkelde emosies of ’n komplekse groepsituasie kan tot ’n baie verwarrende dag lei. Moet dus geen belangrike besluite neem of langtermynverbintenisse aangaan voor jy baie rustiger voel nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan vandag op die een of ander manier in die openbare kollig wees; dus moet jy jou bes doen om ’n goeie vertoning te lewer. Moet geen verwarrende persoonlike besluite neem nie. Gebruik tyd om dinge te deurdink.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017