JOU DAG

Soek vandag opwindende vriende en verskillende vorme van vermaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is volhardend en produktief, en jy hou van nuwe uitdagings. Maar jy het ook ’n kompulsiewe streep weg. Die volgende 12 maande is die tyd om meer te ontspan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter roer vandag jou rustelose geaardheid aan en verkort jou aandagspan. Skud dus jou roetine reg, hou jou gedagtes besig en ’n bietjie tyd deur met fisieke aktiwiteite, verkieslik buitemuurs.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Wat finansiële en ondernemingsake betref, is goed deurdagte aksies vandag nodig. Maak dus seker jy doen heelwat navorsing en vermy die maak van haastige geldskuiwe wat jy later kan berou.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Wat ’n moeilike situasie met ’n kind, tiener of vriend betref, moenie haastig raak nie. As jy die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom, kan jy dit dalk berou. Raak dus rustig en dink dinge deur.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

’n Kollega of geliefde benodig vandag hulp, maar vermy dit om baasspelerig te raak en oor te neem. Ou oplossings gaan nie help nie. Jy sal op die hoogte moet bly van nuwe maniere om probleme op te los.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

As jy jou vurige energie onder beheer hou, sal dinge vandag goed uitwerk. Mik daarna om ander mense te inspireer en motiveer – eerder as om hulle af te skrik met baasspelerige optrede of onredelike eise.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Kommunikasie met familielede is tans moeilik aangesien Saturnus deur jou huishoudelike sone beweeg. En as jy daarop aandring om geliefdes te kritiseer, gaan jy dinge net vererger!

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Moenie vandag toelaat dat ’n vriend of kennis jou manipuleer en jou probeer oorreed om iets teen jou beterwete te doen nie. Hou voet by stuk . . . en doen dit met ’n groot Weegskaalglimlag!

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

’n Vriend of kollega kan jou vandag inligting gee wat jou gaan help om uit ’n penarie te kom. Maar skop jy vas teen verandering en klou jy vas aan ’n geloof of houding waarvan die vervaldatum al verby is?

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Jy het vandag geen einde nie terwyl Jupiter jou passie en spontane streep aanspoor. Maar jy kan ook dinge opmors deur heeltemal oorhaastig en impulsief te wees. Pas dus jou spoed aan, Boogskutter.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Jy kan verwag dat ’n situasie tuis of by die werk taamlik ontstellend gaan raak. Kalmeer, Steenbok! Oor sommige dinge in die lewe het jy eenvoudig geen beheer nie, so probeer meer buigbaar wees. Swem gerus saam met die stroom.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

As jy vandag kreatief kan bly met die manier waarop jy boodskappe in die sosiale media stuur, gaan jy positiewe reaksie ontlok. Maar as jy op die ingewing van die oomblik omstrede kommentaar oplaai, kan dinge skeefloop.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Wens jy vir meer ure in die dag sodat jy die menigte take kan klaarkry wat verrig moet word? Die planete ruk jou uit jou staat van selfbehae, maar vermy roekeloosheid met kontant.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017