Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die volmaan in die Maagd is ideaal vir praktiese projekte voltooi.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou idealisme is aansteeklik. 2016 is die jaar waarin jy minder krities omtrent jouself moet wees en meer vergewensgesind teenoor ander.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die volmaan verhoog jou energievlakke en ongeduld. Jou tenk is reeds leeg, dus moet jy vandag jou gesondheid ekstra goed oppas – en streef daarna om te dink voor jy praat.

BUL 21 Apr.21 Mei

Wees ekstra bedag op die behoeftes van jou maat, kinders, tieners of vriende, aangesien die volmaan misverstande of emosionele ineenstortings veroorsaak. Streef daarna om ’n kalmerende invloed uit te oefen.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die volmaan is in jou huishoudelike sone, dus moet jy jou huis agtermekaarkry en Tweeling-take met ywer takel. As jy los praatjies versprei of oorhaastige gevolgtrekkings maak, gaan jy in die pekel beland.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die tyd is reg om te kommunikeer en idees uit te ruil met ander terwyl jy die beste uit jou intelligente Kreef-brein haal. As jy op die verdediging en buierig is, kan jou dag vol uitdagings wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Het jy verantwoordelik gewerk met geld? Die volmaan maak vuur onder jou finansiële sone en bevorder jou neiging om onverantwoordelik te werk met geld. Impulsiewe aankope nou sal lei tot moeilikheid later.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Geliefdes eis jou aandag, maar die volmaan spoor jou aan om tyd vir jouself in te ruim. As jy jou oorgee aan jou belangstellings en passies, sal jy die mense om jou meer kan bied.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Bring vandag ’n bietjie gehaltetyd op jou eie deur, Weegskaal, aangesien die volmaan jou afsonderingsone belig. Wat jou gesondheid betref – moet jou daaglikse dieet en fiksheidsroetine miskien ’n bietjie verander?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy het ambisieuse toekomsplanne en -doelwitte, maar soms hou jy jouself terug uit vrees dat jy ’n fout sal begaan. Die volmaan por jou aan om dapper te wees en na die sterre te reik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Kollegas of familielede sal vandag baie van jou tyd verg. As jy meer belowe as wat jy werklik kan lewer, sal ander mense op die ou end net teleurgesteld wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Voel jy rusteloos en gereed vir ’n groot avontuur? Die volmaan dui op ’n reis of studie binne die volgende nege maande. Begin dus so gou moontlik beplan en doen solank navorsing.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers, die volmaan is in jul intimiteitsone, dus is dit die aangewese tyd om passievol te raak met jou maat. Enkellopendes, soek na liefde by ’n gesellige Tweeling, ’n lustige Leeu of ’n smeulende Boogskutter.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wees versigtig rondom jou maat, aangesien onopgeloste sake tot misverstande lei. Probeer die situasie uit sy/haar oogpunt sien. Enkellopende Visse, wees geduldig as jy liefde soek.