JOU DAG

As jy dink voor jy praat, sal dit ’n dag vol positiewe verhoudings en fantastiese vriendskappe wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer deurmekaar jy is hoe meer onvoorspelbaar sal die jaar wees wat voorlê. Kies ’n vaste koers en hou daarby. Wees ekstra vriendelik teenoor geliefdes en behandel hulle met respek.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy in ’n slegte situasie vasgevang? Die maan en rustelose Mars moedig jou aan om verder as jou gewone grense te mik en na die sterre te reik. ’n Avontuur wag op jou!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Goeie omstandighede heers vir besigheid, geldsake en vriendskappe terwyl die maan en Mars jou meer selfversekerd laat voel. Maar moenie jou sukses in die wiele ry deur ongewoon impulsief te wees nie. Bestee genoeg tyd om sake goed te deurdink.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy brein werk teen topspoed – hou jou gedagtes op interessante, inspirerende maniere besig. Maar moenie toelaat dat iemand jou ompraat om iets te koop wat jy nie regtig nodig het nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Wees versigtig om nie ander te verwar met wat jy sê of stellings te maak wat jy later sal berou nie. Jou gedagtes is baie besig – maak dus die meeste daarvan en wees kreatief.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die Leeu is op sy uitbundige, ongelooflike beste terwyl jy ontspan en pret het. Voel jy rusteloos? Beplan om binnekort op ’n avontuurlike wegbreekvakansie te gaan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Daar is heelwat onvoltooide take om die huis wat jy moet afhandel. Begin daarmee! Wees versigtig wanneer jy met ’n gesinslid praat, want ’n misverstand kan maklik ontstaan.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Groepsaktiwiteite sal vandag ’n positiewe ervaring wees en ’n kragtige uitwerking hê met Mars wat jou gemoed en energievlak lig. Weegskale in ’n verhouding moet geduldig met hul maat wees. Ware liefde wag dalk aanlyn.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy kan ’n positiewe, genotvolle dag verwag solank jy ontspan en nie toelaat dat kleinighede jou pla nie. Niemand wil met ’n dikbek Skerpioen opgeskeep wees nie! Probeer meer spontaan wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die eise van jou werk, gesinsverantwoordelikhede en jou maat se behoeftes verg ’n delikate balanseertoertjie van jou. As jy na liefde op soek is, moet jy jou net wyd uitgooi.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vandag is vol misterie en jy probeer om tussen feit en fiksie te onderskei. Kreatiewe kommunikasie sal jou ver bring. Jy put uit jou verbeelding en eksperimenteer met nuwe idees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus en Mars in jou verhoudingsone sal dit tans makliker wees om probleme op te los as op ander tye. Sê wat jy verwag en maak baie goed seker wat ander van jou verwag.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy voel rusteloos by die werk – probeer dus dinge doen wat nie deel van jou gewone roetine is nie. Hoe meer vernuwend en avontuurlik jy is, hoe meer bevredigend sal die dag wees. Geldsake is steeds onvoorspelbaar.