JOU DAG

Probeer om vandag die balans tussen jou kop en jou hart reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet in die volgende 12 maande jou vrugbare verbeelding so aanwend dat die hele wêreld dit kan sien. Moet jouself net nie saboteer nie. Probeer om op die positiewe en proaktiewe paadjie te bly.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Rustelose Ram, jy is op reis en in die bui vir avontuur, maar jy moet mooi kyk waarheen jy op pad is. Is jy nie dalk besig om ’n saak met ’n geliefde, vriend/in of sakekontak af te rammel nie?

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Jy neem die rol van Bul-mentor of -onderwyser aan wanneer jy iemand aanmoedig om sy of haar beste te lewer. Maar is ’n familielid 100% eerlik en gee hy/sy jou al die feite?

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Intieme verhoudings word vandag belig, Tweeling. Maar terwyl Saturnus nog deur jou verhoudingsone drentel, moet jy seker maak jy is duidelik en presies wanneer jy met ander mense gesels.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Kreef, jou geldsake lyk ingewikkeld terwyl jy help om ’n tiener, familielid of intieme vriend of vriendin se geldsake te verfyn. ’n Gekwalifiseerde persoon wag om jou te help. Moenie daardie kundigheid van die hand wys nie.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Trots en lewendige Leeus hou daarvan om dinge te bespring, maar vandag se sterre moedig jou aan om die balans reg te kry tussen weldeurdagte handelinge en die aangryp van geleenthede wanneer hulle opduik.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Bepaal jou aandag by huishoudelike pligte en gesinsake. Jy is gretig om probleme so gou as moontlik die hoof te bied. Jy moet net mooi besef daar gaan tans meer agter die skerms aan as waarvan jy weet.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt.

Jou verhouding met ’n familielid begin verander, want jy begin sy of haar ware motiewe verstaan. Gebruik vandag tyd om jou huishoudelike ruimte skoon te maak, rommel weg te gooi en die plek te verfraai.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Koester jy onrealistiese verwagtings wat ’n intieme vriend/in of kollega by die werk betref, Skerpioen? ’n Proaktiewe en samewerkende benadering sal jou help om die lug te suiwer en die verhouding te herstel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Is jou persoonlike lewe of ’n huishoudelike situasie tans diep in die war? Moet liewer nie vandag langtermynbesluite neem nie. Wag totdat die stof gaan lê voordat jy ’n splinternuwe rigting inslaan.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Weerstaan die versoeking om bekommerd en angstig oor die toekoms te wees. Hoe meer openlik jy jou gevoelens oordra – veral in jou portuurgroep – hoe beter gaan die dag wees.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Daar kan vandag ’n bietjie konflik opduik weens spanning tussen ’n werkaangeleentheid en ’n intieme verhouding. Probeer om aan albei situasies die tyd en aandag te gee wat hulle verdien. As jy georganiseerd is, kan jy dit doen!

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

’n Kombinasie van koel selfvertroue en goeie kommunikasievaardighede sal sorg dat jy op professionele gebied na die volgende vlak beweeg. Put ook hulp uit jou intuïsie om ’n hardnekkige persoonlike probleem op te los.

© Joanne Madeline Moore