JOU DAG

Vandag se sterre moedig deernis, kreatiwiteit en spiritualiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet vanjaar ’n bietjie briek aandraai en jou uitgerafelde senuwees ’n ruskans gee. Onthou: Julie is die beste maand vir verlief raak – of om ’n bietjie lewe in ’n wankelende verhouding te blaas.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Emosionele buigsaamheid is vir slim Ramme die sleutel tot ’n kalm dag. As jy ontspanne en op jou stukke voel, sal kommunikasie makliker vloei en misverstande minimaal wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vandag begunstig die sterre die najaag van kreatiewe aktiwiteite soos tuinmaak, kook, handwerk, skilder, teken, versiering en vernuwing. Dit is jou manier om uiting te gee aan die kunstenaar wat in die Bul skuil.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy het vandag die kans om ander mense te inspireer, veral by die werk. Moet hulle egter nie teleurstel deur te veel te praat en te min te doen nie. Hou jou verwagtings in die werklikheid gegrond.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy droom van die toekoms en het duisende idees wat ronddraai, maar hoeveel daarvan word ooit ’n werklikheid? As eindelose moontlikhede jou op ’n syspoor laat afdraai, gaan jy nooit enigiets gedaan kry nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy in ’n verhouding is, is dit die volmaakte tyd om romanties te raak met jou maat. As jy enkellopend is, moet jy jouself afvra of jou verwagtings omtrent romanse onrealisties is. Haal jou rooskleurige bril af.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Tree aan; ’n vriend of gesinslid het jou bystand nodig. ’n Bietjie gesonde en sinvolle raad kan dalk net wees wat die dokter aanbeveel het. Vertel ’n geliefde jou die ware verhaal?

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Jy dink jy weet wat aangaan, maar dalk leef jy in ’n droomwêreld. Dis hoog tyd om dieper te delf met ’n geliefde of ’n vriend om uit te vind wat presies aan die gang is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Spanwerk en netwerkvorming gaan jou by die plek uitbring waarheen jy vandag wil gaan. Jy pak die projek aan wat jou na aan die hart lê. Moet egter nie toelaat dat ’n kind of vriend jou bedrieg nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit is die volmaakte Maandag om te kuier en te onthaal, veral tuis, terwyl jy goeie kos en lekker geselskap geniet. As jou begroting ’n bietjie oorskry word, moet jy kreatiewe maniere vind om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke se geheim tot sukses is tans ’n kombinasie van ’n avontuurlike benadering en ’n vaste werksetiek. As jy verstandelik kreatief is en jy loop berekende risiko’s, sal jy verrassende vordering maak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is gretig om met ’n projek te begin wat jou opgewonde maak, maar moenie onrealisties wees oor jou begroting nie. As jy werklik kreatief is en versigtig met geld omgaan, sal jy meer waarde vir jou geld kry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiwiteit en inspirasie word beklemtoon, dus moet jy vandag prettige maniere vind om jouself uit te druk. Moenie toelaat dat ’n sjarmante gladdebek jou om die bos lei nie.