JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre vir reis, vryheid en pret.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om in 2016 meer pret te hê en meer buigsaam te wees. Dis ’n goeie begin om dominerende gedrag vir spontaniteit en kritiek vir lof te verruil.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jou vermoë om ander te motiveer is vandag baie goed en jy benut jou energie en entoesiasme op ’n positiewe manier. Moenie te reguit wees nie – onthou, woorde kan seermaak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Raak jou verstand lui? Met Mercurius en Pluto in jou opleidingsone moet jy geleenthede soek om te leer – of dit nou deur studie, reis of die leiding van ’n mentor of onderwyser is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Onvoorspelbare Uranus vorm ’n hoek met Mercurius, jou heersende planeet. Jy is nie in die bui om voorgesê te word oor wat om te doen nie. Jy kan ook tans maliker in ongelukke betrokke raak – vat dinge stadiger!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag die onverwagte wat geliefdes en goeie vriende betref. Wat ook al jy dink hulle sal doen, hulle sal waarskynlik heeltemal die teenoorgestelde doen of sê.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is lewendig en teatraal – hulle is die dramatiese divas van die diereriem. Jou leuse is tans die aktrise Jane Fonda, wat vandag verjaar, se woorde: “In die lewe is daar geen kleedrepetisie of tweede verfilming nie.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Uranus vorm ’n hoek met jou heersende planeet, Mercurius. Wees dus versigtig met wat jy vandag sê. Die skrywer Rudyard Kipling herinner ons: “Woorde is die kragtigste medisyne wat deur die mens gebruik word.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Verander ’n geliefde die heeltyd van plan en ontwrig jou planne? Moenie toelaat dat dit jou keer om jou doelwit te bereik nie. As jy te veel toegewings maak, sal jy op die ou end niks oorhê nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy verkies om lank oor sake na te dink, maar ’n situasie vandag kan ’n vinnige besluit vereis. Jy moet op jou voete dink en vinnig beweeg.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre maak jou lus vir vakansie en laat jou spontaan geld bestee. Moenie toelaat dat ’n neulende kind, tiener of vriend jou ompraat om iets te koop wat jy regtig nie kan bekostig nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dink in die feestyd mooi voor jy iets kontroversieels doen of sê, veral teenoor koppige gesinslede. As jy te haastig optree, kan jy dalk later daaroor spyt wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die omstandighede is goed vir werkskwessies en jy benader ’n uitdaging op ’n innoverende manier. Is jy hopeloos te haastig wat ’n gemeeskapskwessie betref?

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag in die kollig met die son wat jou reputasiesone belig. Ander sal jou dophou, ongeag wat jy doen. Maak dus seker jy neem geen kortpaaie nie.