JOU DAG

Die sonsverduistering is vanaand in die Leeu; bepaal dus jou kreatiewe doelwitte vir die jaar wat voorlê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou baie daarvan om ander by te staan en te beskerm. Vertroetel en bederf jouself in die komende jaar. Jy verdien dit immers!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die sonsverduistering is vanaand in die Leeu. Dit is dus tyd vir woeste Ramme om sportief, kreatief of uiters sosiaal te wees. Jy is op jou rumoerige beste terwyl jy die pad aanwys, maar moenie te roekeloos raak nie. Sorg dat jy ’n plan het.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Het jy weer op die draad gesit, Bul? Is daar nog noodsaaklike take tuis wat jy uitgestel het? Vanaand se sonsverduistering moedig jou aan om jou moue op te rol en aan die werk te spring.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Voel dit steeds of van jou vriendskappe in ’n patroon verval het? Vanaand se sonsverduistering spoor jou aan om nuwe maniere te vind om met die mense om jou te skakel. Veral in jou plaaslike gemeenskap.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sonsverduistering stimuleer jou geldsone; dus is jy gretig om jou finansiële situasie te verbeter. As jy ’n slim, berekende risiko neem wat ’n sakegeleentheid betref, kan dit lonend wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son en maan verbind in jou teken; daarom is dit tyd dat selfversekerde, charismatiese Katte in die kollig is. Plus: Met die hulp van die innoverende Uranus kan jy jou lewe in ’n opwindende, nuwe rigting stuur.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Was jy gans te besig? Die sonsverduistering is net die tyd om jou pap batterye te herlaai. Maak tyd in jou woeste roetine en ontsnap na ’n plek waar jy kan ontspan en vernuwe.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die sonsverduistering laat jou wakker skrik uit jou ontspanne modus en ’n produktiewe modus binnegaan. As jy jou talente gebruik vir ’n gesamentlike poging of groepsprojek, gaan jy ’n stimulerende, nuwe koers inslaan.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die sonsverduistering stimuleer jou loopbaansone. Bedink dus kreatiewe maniere waarop jy jou beroepsmoontlikhede kan uitbrei. Soek jy nog werk? Volhard in jou strewe na jou droombetrekking.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die sonsverduistering vuur jou ontdekkingsone aan. Dit is dus ’n wonderlike tyd om saam met ’n gunstelingvriend in die wye natuur op ’n groot avontuur te gaan. Of beplan iets opwindends vir die nabye toekoms.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vanaand se sonsverduistering verskaf die stukrag om ’n troebel intieme verhouding te herskep. Dis nou die tyd om meer positiewe gedragspatrone te beoefen as julle negatiewe kommunikasiemetodes aangeleer het.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Is jy in ’n groef? Uranus en die sonsverduistering gee jou ’n gulde kans om dinge uit ’n nuwe perspektief te beskou. ’n Kreatiewe, innoverende benadering kan dinge vinnig verander.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die sonsverduistering is die ideale tyd om met ’n gebruikersvriendelike daaglikse roetine te begin. Wanneer die vervelige take uit die weg geruim is, sal jy meer tyd hê vir die opwindende en genotvolle dinge.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.