pisces-hg-w

JOU DAG

Dit is die dag-en-nag-ewening; dus val die klem op harmonie en balans.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is party dae baie georganiseerd, maar ander kere is jy heeltemal onrealisties. Jy moet jou bes doen om in 2017 iewers ’n middeweg te vind.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Persoonlike projekte word vandag bevoordeel, Ramme, terwyl julle die meeste haal uit ses planete wat deur die vuurtekens storm. Kreatiwiteit en motivering word hoog aangeslaan. Probeer om balans en perspektief te behou.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Is jy te ekkerig oor ’n huidige kwessie? Tree terug, Bul, verstel jou fokus en streef om die situasie uit ’n aansienlik breër en wyser oogpunt te beskou. Balans is die sleutel.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Tans is oop en eerlike kommunikasie die geheim tot sukses. Daar gaan hope kanse wees om jou portuurgroep uit te brei, maar moenie jou ou vriende in die proses afskeep nie.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Vier planete in jou loopbaansone help jou om take met ekstra energie en entoesiasme aan te pak, dus is jy gretig om ’n finansiële onderneming of werkprojek van stapel te stuur. Maar dinge gaan nie oornag geskied nie!

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Jy is in die luim om ’n geliefde deur ’n moeilike tyd te help of vrolikheid te bring na die dag van ’n intieme vriend/in wat in depressie verval het. As jy by ’n argument betrek word, moet jy probeer om dit regverdig te benader.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Word jy tans gefrustreer deur sake betreffende jou huis, familie, huishoudelike reëlings, ouers of eiendom? Dinge sal stadigaan beter word as jy gesentreerd bly en nie vooroordele koester nie.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Dit is tyd om met jou dierbaarstes te begin gesels oor sake waaroor jy nie noodwendig gemaklik voel nie. Probeer om ’n balans te handhaaf en dinge uit verskillende hoeke te beskou.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Die Skerpioen is die teken van uiterstes; dus kan dit vir jou moeilik wees om te ontspan. Probeer om meer balans in jou bedrywige lewe te bring terwyl ons die dag-en-nagewening – wanneer die dag en nag ewe lank is – vier.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Spontane Boogskutters is gretig om te kuier en rond te gaan, te meng en met ander mense om te gaan, hul verbeelding in te span en te skep, terwyl hulle hul hare losmaak en pret maak. Maar dit is die dag van die dag-en-nagewening, dus moet jy probeer om nie dinge te oordoen nie!

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Daar is baie dinge wat by die huis aandag verg, want vier planete steek jou huishoudelike sone aan die brand. Dit is nou die tyd om jou trots in jou sak te steek, te begin praat en ’n vergelyk te tref as daar spanning was tussen jou en ’n gesinslid.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Die vurige planetêre patrone gee moeë Waterdraers ’n welkome opwelling van energie. Die sterre bevoordeel ook ’n bietjie stille nadenke terwyl jy jou intuïsie gebruik om jou te help om ’n huidige probleem op te los.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Sakemoontlikhede broei tans terwyl jy gesonde verstand met intuïsie kombineer om ’n positiewe resultaat te behaal. Moenie ongeduldig wees nie. Dit sal ’n tydjie duur voordat jou drome waar word.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017