JOU DAG

Kyk mooi na vanaand se volmaan, ’n seldsame blou maan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n emosionele siel wat omgee. Jy sal sien jy bewaarheid jou drome baie vinniger as jy minder stres en meer ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die volmaan moedig jou aan om jou toekomsdrome te visualiseer en iets daaraan te doen. Soos die aktrise Nicole Kidman gesê het: “Die lewe het allerhande hoeke en draaie. Hou net vas en daar gaan jy.”

BUL 21 Apr.-21 Mei

Bulle in verhoudings, dinge kan warm raak by Casa Taurus, want die volmaan wakker jou intimiteitsone aan. Enkellopendes is haastig om ’n betroubare maat te kry, maar moet geduldig wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy word dalk so vasgevang in die bedrywigheid van die alledaagse lewe dat jy die mense naaste aan jou afskeep. Die volmaanstrale val in jou verhoudingsone; bring vandag en vanaand gehaltetyd saam met geliefdes deur.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met die volmaan wat jou werk- en daaglikse roetinesone aktiveer, is die kanse goed dat jy tot laatnag gaan werk. Pas jou spoed aan, anders gaan jy dalk ’n stresverwante siekte opdoen.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die volmaan helder jou vermaaklikheidsone op, so dis die ideale tyd om partytjie te hou, te gaan fliek, ’n konsert by te woon of tuis te onthaal. Maak jy nie te gou afleidings wat ’n kind of ’n vriend /in betref nie?

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die fokus is op die huis en beroep terwyl jy probeer om jou huishoudelike pligte met professionele projekte te meng. As jy minder tyd mors deur jou te bekommer, sal jy meer tyd en energie hê om dinge agter die rug te kry.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie met ander mense is die sleutel tot ’n opwindende en bevredigende dag. Dis baie beter om minder te belowe en meer te lewer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die volmaan werp ’n kollig op geld- en persoonlike sake. Bly glo in jou ware self en moenie te geheg te raak aan voorkoms en materiële besittings nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die vurige volmaan wat weer jou teken aktiveer, word jou positiewe eienskappe uitgelig – en so ook die negatiewes. Streef daarna om reguit en spontaan te wees, eerder as baasspelerig en halsoorkop.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Gee ’n bietjie skiet wat jou beroep betref en doen selfondersoek. Dis die ideale tyd vir ’n bietjie selfbetragting terwyl jy kommunikeer met en leiding kry by jou innerlike self.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jou onafhanklike, rebelse gees word vandag gestimuleer; jy voel avontuurlustig voel en doen net mooi die teenoorgestelde van wat van jou verwag word. Ander mense kan geskok wees, maar jy moet dit doen wat vir jou reg is.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy verveeld met jou werk? Wees versigtig waarvoor jy wens; met die volmaan wat jou beroepsone verlig, is ambisieuse aspirasies in orde, maar hou jou voete plat op die aarde.