pisces-hg-w

JOU DAG

Die sterre bevoordeel vandag die leer van iets nuuts.

AS JY VANDAG VERJAAR

Droom vanjaar groot drome en omskep dit dan in produktiewe projekte. Neem familie en vriende saam op die reis.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Alle soorte reis en kommunikasie word bevoordeel terwyl jy jou uitkyk op die lewe en jou horisonne verbreed. ’n Rustelose, nuuskierige Ram kan altyd iets byleer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag in ’n groef vasval nie. Die sterre por jou aan om ’n huidige situasie uit ’n baie meer dinamiese en progressiewe oogpunt te beskou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die positiewe aspekte wat vandag teenwoordig is, verbeter jou bui en stimuleer jou studeergeen. Met die krag van positiewe denke aan jou kant kan jy enige berg versit en enige storm trotseer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou loopbaan en geld speel die hoofrol, of jy nou jou huidige betrekking geniet en of jy op die uitkyk is vir werk. Die planete stuur hope gelukskote in jou rigting; gryp dit net met albei hande aan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die klem val op verhoudings – van romantiese verbindings tot pret saam met familie en vriende. Kreatiwiteit is ook in die kollig, ongeag of jy aan ’n gesamentlike projek werk of ander se kunstige pogings geniet.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan berge versit en onafgehandelde sake kafdraf as jy georganiseerd en ywerig is. Wat ’n ingewikkelde finansiële aangeleentheid betref, moet jy ’n invloedryke vriend/in nader vir leiding.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jou lewe bars uit sy nate terwyl jy knap ’n balans handhaaf tussen jou professionele en persoonlike verantwoordelikhede. Moenie alles self probeer doen nie; probeer familie en vriende betrek.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit is ’n fantastiese dag om met gesinslede te kommunikeer en bande met kollegas te versterk. Wat geldsake betref, moet jy op kalm en besadig deur take werk.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moet jou nie tot dieselfde ou ouderdomsgroep beperk nie; sluit vanjaar nuwe gesigte by jou vriendekring in. Studie en reis is ook in die vooruitsig vir nuuskierige en veelsydige Boogskutters.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Gelukskote kom vandag oor jou pad – veral wat familie, werk om besigheid betref. Deurdink dinge mooi.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dis tyd om jou geliefdes te koester en persoonlik te raak hulle terwyl julle jul gedeelde toekomsdrome en individuele aspirasies bespreek. Maak aanpassings en vind ’n middeweg.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die dag is bevorderlik stimulerende netwerkvorming met familie en vriende. Jy kan ook baie leer by ’n kollega wat baie lewenservaring het om met jou te deel.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017