Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Mecurius beweeg na die Skerpioen-teken wat gunstige omstandighede skep vir navorsing, geheime en raaisels.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag vir verandering gebore en het die vermoë om goed by veranderende omstandighede aan te pas. In 2016 kan jy meer in jou plaaslike gemeenskap betrokke raak.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is rustelose, nuuskierige mense en vandag se sterre moedig jou aan om selfs meer avontuurlik en eksperimenteel te wees – fisiek, verstandelik en emosioneel. Doen dit, Ram!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg tot 21 November deur jou verhoudingsone. Dit is dus tyd om die kommunikasiekanale tussen jou en jou naastes oop te hou en oor enige probleme te praat.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou heersende planeet, Mercurius, beweeg vandag na die Skerpioen-teken wat gunstige omstandighede vir studie, lees, skryf en navorsing skep. Vind nuwe maniere om jou goeie Tweeling-brein te stimuleer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg tot 21 November deur jou sone vir selfuiting. Dit is dus die ideale tyd om ’n kreatiewe projek aan te pak – jy skryf, teken, dans, gee uitvoerings, verf of sing behoorlik.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Mercurius wat tot 21 November in jou huishoudelike sone beweeg, is dit tyd om duideliker met jou naastes te kommunikeer en jy hou die kommunikasiekanale oop.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vandag is die gonswoord vir Maagde “gesprekvoering” terwyl Mercurius deur jou kommunikasiesone beweeg en jou die selfvertroue gee om te sê wat jy regtig dink.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die Maan en Venus kom saam en skep gunstige omstandighede vir jou om jouself op gepaste maniere te vermaak met goeie kos en vrolike geselskap en om die kunste, soos flieks en musiek, te geniet.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg in jou teken in en dit vergroot jou vermoë om oor besigheidstrategieë te praat. Jou oorredingskrag is ook groot. Jy sal dalk boeke lees of kursusse volg om jouself te verbeter.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius skuif in jou sone vir afsondering in. Maak dus tyd vir ’n fassinerende gesprek met ’n baie spesiale persoon – jy. Vat dinge kalmer. Afsondering sal in dié stadium jou siel voed.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die kletserige Steenbok is lus vir gesprekke, kuier, praat, boodskappe stuur, reis en twiet. Maak net seker jy versprei nie onbevestigde skinderstories nie!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Met Mercurius wat in jou loopbaansone in beweeg, is dit tyd om duideliker met kollegas te kommunikeer. Maak seker jy versprei die boodskap wyd as jy werk soek.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan vandag heelwat aktiwiteit tuis of by die werk verwag wanneer jy vinnig opgedateerde inligting kry. Dit is tyd om jou talent in te span en meer as een ding gelyk te doen.