Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die maan is in die teken van die Visse, wat voordelig is as jy op soek is na kreatiewe, geestelike of humanitêre dinge om te doen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy los graag ander se probleme op, maar maak seker hulle soek wel jou hulp voor jy betrokke raak. Augustus is ’n uitstekende maand vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Frustrasievlakke gaan vandag hoog wees, Ramme, aangesien Mars steeds agteruit deur jou avontuursone beweeg. Probeer oefening doen, verkieslik in die buitelug, om op ’n positiewe wyse van jou frustrasie ontslae te raak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou kreatiewe Bul-kenmerke is tans baie sterk terwyl Venus en die son deur jou teken sprankel. Maak seker jy gebruik jou intuïtiewe selfvertroue om positiewe dinge te laat gebeur.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die sterre lyk goed vir professionele projekte, vrywilligerswerk en kreatiewe denke, maar angstigheid is ook hoog. Moet jouself nie te hard druk nie; teen slapenstyd gaan jy gedaan wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Was jy die afgelope tyd nukkerig en negatief oor ’n sakevennootskap of intieme verhouding? Vandag se planete moedig jou aan om ’n huidige probleem in beter lig te beskou.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus kan soms selfbehep wees, maar jy doen die regte ding deur ander te help.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan sukkel om jou kollegas gelukkig te hou en al jou romantiese en gesinsverantwoordelikhede na te kom. Enkellopende Maagde moet ’n minnaar soek wat kreatief en romanties is.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy weet hoe om ander met jou vrolike geselskap en jou lekker antwoorde gemaklik te laat voel. Wees egter ekstra versigtig as jy vandag kommentaar op die sosiale media plaas.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die Visse se maan reis deur jou kreatiewe/vriendskapsone, dus gaan dit moeilik wees om projekte en mense vas te vat. Hoe meer openlik en aanpasbaar jy is, hoe beter gaan die dag verloop.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is lus vir kuier, maar wees versigtig wanneer jy vandag met ander kommunikeer. Jy wil help, maar maak seker jou goeie bedoelings loop nie net op leë beloftes uit nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie dat negatiewe praatjies jou terneergedruk laat voel nie. Jou motto vir vandag kom van die sokkerster David Beckham: “As ek besluit het om iets te doen, sal ek dit regkry – selfs al sê mense ek kan nie.”

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Bekommer jy jou oor geld? Dit is tyd om slimmer maniere te soek om jou kontantvloei aan te help. Gebruik jou verbeelding om met kreatiewe idees vorendag te kom, selfs met die hulp van ’n familielid.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is ywerig om ’n familielid of vriend te help, maar bly realisties en moenie meer beloof as wat jy kan vermag nie. ’n Geselsie met ’n gerespekteerde leerkrag of mentor plaas ’n huidige probleem meer in perspektief.