JOU DAG

Kry die balans reg tussen dominerend en tegemoetkomend te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die versoeking om te obsesdeer oor geldsake en stoflike dinge. Jy moet die jaar 2017 gebruik om jou sosiale lewe uit te bou en meer betrokke te raak in jou plaaslike gemeenskap.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kan probleme by die werk verwag terwyl Mercurius agteruit deur jou werksone beweeg. Streef daarna om meer aanpasbaar en tegemoetkomend te wees. Met die regte houding sal jy met gemak deur enige tydelike onstuimigheid kom.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat jou werk betref, streef daarna om probleme te wagte te wees voordat hulle opduik. Selfs al werk jy nie, is daar baie maniere waarop jy jou kreatiewe talente in die wêreld om jou kan aanwend.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie en geselskap is vandag se gonswoorde terwyl jy jou menings deel, ’n nuwe vaardigheid aanleer of waardevolle inligting met iemand deel. Verwag egter ’n paar klein misverstande in die proses.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings met familie en vriende behoort vandag prettig te wees, Krewe. Vorige probleme vlieg by die venster uit en jy kan op samewerking en vrolike geselskap konsentreer. Maak die beste daarvan terwyl dit daar is!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Stimuleer jou breinselle met lees, studie, navorsing, luister en waarneming. Is daar ’n emosionele kwessie wat jou verwar? Slaap daaroor en kry so ’n vars perspektief.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius beweeg nog tot 22 September agteruit deur jou teken, dus spoor die uitspansel jou aan om tans ekstra prakties en geduldig te wees. Goeie dinge gebeur met deugsame Maagde wat bereid is om te wag!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wees gereed om feitlik alles te oordoen, Weegskaal, want Venus verlig jou innerlike genotsugtigheid. Jy voel optimisties oor jou vermoëns, maar moenie meer aanpak as wat jy met gemak kan hanteer nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Waar besigheid of geldsake betrokke is, sal ’n kombinasie van kreatiwiteit en proaktiwiteit jou ver bring op die pad na waar jy wil wees. Vir sommige Skerpioene neem ’n geheime romanse ’n verrassende wending.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Om kreatief sowel as proaktief te wees is tans ’n kragtige kombinasie, Boogskutters. As jy in ’n groep betrokke is, sluit almal in. Maak ook seker dat elkeen’n kans kry om sy of haar sê te sê.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pligsgetroue Steenbokke kan onkant betrap word met misverstande en klein gemorsies. As jy die onverwagte verwag – en ’n paar keer diep asemhaal – sal jy heel goed deur ’n dag vol onderbrekings kom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat reisplanne of groepdinamika betref, moet jy nie net op die kantlyn bly sit nie, Waterdraer. Hoe meer kreatief jy dink en hoe meer beslissend jy optree, hoe beter sal die eindresultaat wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Mars en Saturnus in jou beroepsone, gaan dinge by die werk tans vooruit en dan net weer agteruit. As jy geduldig is en saamwerk, gaan jy geleidelik bevredigende vordering maak.

© Joanne Madeline Moore