JOU DAG

Probeer om kreatiwiteit en produktiwiteit te balanseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op baie maniere bedrewe. As jy emosioneel meer openlik en minder besitlik is, sal jou verhoudings in 2016 blom.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy obsessief oor ’n kwessie tuis of by die werk? Probeer om nie kortsigtig te wees en impulsief op te tree nie. ’n Kalm, deurdagte benadering met die langtermyngevolge in gedagte is die beste keuse.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die omstandighede is gunstig vir navorsingsprojekte en aandag aan klein besonderhede, want die sterre aktiveer jou studiegene. Bring jy jou kant in ’n naby verhouding?

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is van nature glad met die mond, maar probeer om wat jy sê te sif, anders kan jy dalk iets kwytraak waaroor jy later spyt sal wees. Nie almal wil hoor wat jy te sê het nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Is daar probleme in ’n romantiese of platoniese verhouding? Jou dag sal frustrerend wees as jy koppig is. Venus moedig Krewe aan om meer behulpsaam te wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Daar is dalk verwarring tussen wat jy wil hê en wat ’n geliefde se behoefte is. Probeer om jou gedagtes en idees in eenvoudige taal oor te dra sodat daar minder ruimte vir misverstande is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vandag se sterre vuur jou geneigdheid aan om oor klein dingetjies bekommerd te wees en jouself heeltemal te ernstig op te neem. As jy dan móét bekommerd wees, maak seker dis oor iets wat waarlik belangrik is.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Huishoudelike drama of verhoudingsprobleem neem baie van jou tyd in beslag en jy doen jou bes om sake uit te stryk. As daar enigiemand is wat die storm kan laat bedaar, is dit ’n diplomatiese Weegskaal!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vandag se sterre maak jou intense kant wakker, maar dit sal nie die situasie verbeter as jy oor iets broei en jou daaroor opwerk nie. Kalmeer en probeer meer gemaklik en ontspanne wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Geldsake lyk vandag ingewikkeld en dit behoort jou prioriteit te wees om die begroting te laat klop. ’n Kind, tiener of vriend kan jou met ’n onverwagse skuif verras.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jy te privaat? Onthou, dit wat jy vir ander wegsteek, kan jy ook vir jouself verberg! Probeer om oop en eerlik oor jou toekomsdrome te wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dalk is daar ’n toneel wat vandag oor en oor in jou kop speel. Maar kyk jy na die feite van die gebeure of beskou jy dit met die naïwiteit van ’n Waterdraer?

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy het hope innoverende idees en kreatiewe planne, maar kan jy tussen ’n lekker dagdroom en ’n gevaarlike dwaling onderskei?