JOU DAG
Die planete krap dinge deurmekaar. Verwag die onverwagte.


AS JY VANDAG VERJAAR
Oor die volgende 12 maande moet jy waaghalsig genoeg wees om ’n ambisieuse uitdaging aan te pak. Jy moet egter ook leer om van ou emosionele pakkasies ontslae te raak voor die gewig jou grond toe trek.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Uranus wakker jou rustelose sy aan. Jy sal ander mense met ’n onverwagte skuif verras. Jy is gretig vir pret, maar moenie oorboord gaan nie.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Moenie vandag te veilig en verstandig raak nie. Dit is ’n uitstekende dag om verlore te raak in heerlike dagdrome, terwyl jy jou verbeelding vrye teuels gee. Buitengewone kreatiewe projekte lyk gunstig.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jou inherente nuuskierigheid is aangevuur, hou dus vandag jou gedagtes goed gestimuleer. Om op die hoogte te kom van ’n kreatiewe of boheemse vriend, sal ’n bietjie vonkel in jou dag sit.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Ontwrigtings en onvoorspelbare buie kan vandag jou vordering kniehalter. Soek jy ’n nuwe werk? Stel jou voor as iemand wat bo die res uitstaan. Ware selfvertroue is die sleutelwoord.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Leeus voel steeds rusteloos. Dit is ’n uitstekende dag om uit jou gewone roetine te kom en op ’n groot avontuur te gaan. Of gaan net in jou gedagtes op reis. Maak kontak met vriende wat ver woon.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Is jy bekommerd oor geld? Soek skeppende maniere om jou bankbalans en kontantvloei te verhoog. Onthou familie en geld is ’n ingewikkelde kombinasie. Streef dus daarna om die twee uitmekaar te hou.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Reis lyk gunstig en die planete aktiveer jou avontuursone. Dit is die volmaakte tyd om met internasionale vriende kontak te maak. ’n Geliefde kan verrassende nuus aan jou oordra. 


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die Skerpioen is ’n vaste teken; jy kan geweldig hardkoppig wees. ’n Meer proaktiewe en buigsame benadering sal die beste resultate oplewer, veral wat veranderings aan jou gewone roetine betref.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jy is dol oor jou onafhanklikheid, maar moenie alles self probeer doen nie. Bespreek jou toekomsdrome met eendersdenkende geliefdes en vriende. Jy het ’n talent om ander te inspireer; gebruik dit.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Jy gaan vandag sukkel om beperkings wat op jou geplaas word, die hoof te bied. Verhoudings, veral by die werk, kan moeilik wees. Hoe meer hardkoppig jy is, hoe moeiliker gaan die dag verloop.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Uranus stimuleer jou nuuskierigheid. Jy is gretig om met ander mense te kommunikeer. Jy skinder alte lekker, gesels ’n hond uit ’n bos, stuur teksboodskappe en twiet vir ’n vale.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Fokus op huishoudelike sake en verfyn die harmonie tuis. Loer ook na jou huidige finansiële situasie. Weerstaan die behoefte impulsief met kontant en sorgeloos met krediet te werk.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017