Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Mars beweeg tot in die Visse-teken en dit bevoordeel deernis en kreatiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die ambisie om die hoogste punt te bereik. In 2017 moet jy slimmer eerder as harder werk en gereeld tyd maak om te ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die magtige Mars, jou heersende planeet, beweeg tot in die passiewe Visse; dus is dit tyd om van ’n lawaaierige Ram in ’n sagmoedige lam te verander. Meelewing, kreatiwiteit en spiritualiteit word ook belig.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mars beweeg tot 28 Januarie deur jou hoop- en verwagtingsone. Dis belangrik om ’n droom nou in ’n doelwit te verander en dit te verwesenlik. Geen uitstellery of terugkrabbelry nie, Bulle!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Verhoudings gaan vandag bedrieglik wees, en professionele verantwoordelikhede en gesinsake kan tot spanning lei. ’n Skikking is die beste oplossing.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Hou op om sywaarts te beweeg, Krappe. Julle het fantastiese idees, maar die uitdaging lê by die uitvoering van pligte. As jy ’n belofte maak, doen dit gestand; as jy ’n doel voor oë het, werk hard om dit te bereik.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan jou met die vergunning van Mars voorberei op ’n welkome hupstoot. Hoe geesdriftiger jy iets aanpak, hoe beter sal die resultaat wees. Kreatiwiteit en meelewendheid word ook beklemtoon.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Daar kan vandag wrywing – of verrassings – wees wat geld betref. En met die voortvarende Mars wat deur jou verhoudingsone nael, is dit tyd om op jou tande te byt en vennootskapsprobleme so gou moontlik te lap.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy voel dalk geestelik en liggaamlik sat. Moet jy dalk meer gemotiveerd wees wat jou oefenroetine betref? Dit is nou die ideale tyd om gesonde gewoontes vir 2017 aan te kweek.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Hou op muurblommetjie speel. Mars moedig jou oor die volgende paar weke aan om in verbinding te kom met die kind in jou binneste, jou kreatief uit te druk, gasheer/-vrou te wees by ’n Kersfunksie of eenvoudig soos ’n pro partytjie te hou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mars vuur tot 28 Januarie jou familiesone aan. Jy kan dus in die feestyd ’n paar dramas verwag. Die beste manier om dit te hanteer, is om jou strydlustige sy met ’n soet glimlag onder beheer te hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou perfeksionistiese streep gaan heel moontlik oor in snelrat, aangesien jy 100 persent van jouself en van ander verwag. In die sosiale media moet jy vinnig dink en proaktief wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Berei jou voor vir ’n besige en produktiewe dag waarop jy soveel moontlik gedoen wil kry. Dit is die geskikte tyd om jou finansies uit te sorteer, maar moenie jou goeie voornemens ruïneer deur te jaag nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die magtige Mars beweeg tot 28 Januarie deur jou teken; dus is dit tyd om so gemotiveerd en proaktief moontlik te raak. Probeer om, solank dit hou, die meeste voordeel te trek uit die opwelling van energie.

© Joanne Madeline Moore