JOU DAG

Kombineer leierskapskenmerke met ’n konstante dog versigtige benadering.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is daartoe verbind om jouself ’n voorsprong te gee, maar moenie bang wees om te fouteer nie. Die komende jaar is die tyd om jouself op die beste moontlike manier kreatief uit te druk – en so dikwels moontlik.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hou op om soos ’n afkophoender rond te hardloop en konsentreer liewer daarop om ’n wankelrige familiesituasie te stabiliseer. Duidelike kommunikasie – en goeie luistervaardighede – sal die gesprekke weer aan die gang sit.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Liefde en pligte hou tans verband met mekaar; dus moet jy dit wat van jou gevra word, met ’n glimlag aanvaar. Hou jou hart gerig op die toekoms, pleks van te tob oor probleme en dinge uit die verlede.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die aardse Steenbok-maan help om jou vlugtige Tweeling-gedagtes grond toe te bring. As jy voor ’n groep mense moet praat, maak seker jy bied iets van belang – gepaard met goeie voorbereiding – om oor te dra.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy het die vermoë om ander op verreikende maniere te beïnvloed en te leer. Hoe meer jy kollegas prys en aanmoedig, hoe meer positief en produktief sal julle almal voel. Laat jou voorbeeld die leiding verskaf.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Gee op gedissiplineerde wyse aandag aan werkaangeleenthede en gereelde huistake. Jy sal so op die ou end meer tyd kry om te doen wat jy regtig graag wil doen. Hoe meer georganiseerd jy raak, hoe meer gaan jy ingepas kry.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Persoonlike projekte, stokperdjies, romanse en professionele aktiwiteite vind almal voordeel terwyl die Steenbok-maan jou motiveringsvlakke vandag belig. Maak dus die beste van die energieskop terwyl jy die kans het!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die Steenbok-maan help dat ander mense jou op ’n meer professionele manier en ook as meer ernstig beskou. Eiendoms- en navorsingsprojekte vind ook voordeel, aangesien jy dinge met meer versigtigheid en metodies aanpak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verwag maar heelwat telefoonoproepe, e-posse, SMS’e en slakkepos – meestal met werk te doen. Streef daarna om ’n kommunikasieprobleem wat jy raaksien, opgeruimd en professioneel aan te pak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die maan is vandag binne-in Steenbok en jy het baie om te leer by jou buur-sterreteken, soos om minder haastig en hardwerkender te raak; minder nabetragtend en meer produktief.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Konsentrasie is hoog en jou aandag aan detail beter as gewoonlik. Enige werk wat jy verrig, gaan dus van hoë gehalte wees, en ander gaan penorent sit en jou vele Steenbok-talente raaksien.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie tyd verspil deur ongeorganiseerd te wees nie, Waterdraer. Hoe meer prakties en gedissiplineerd jy is, hoe beter gaan die eindresultaat wees. Dis ook ’n goeie dag om jou vriende te koester en aanlyn met kollegas te kommunikeer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Ander waardeer jou kunstige Visse-geaardheid, maar jy moet daarna streef om kreatief en produktief te wees. Briljante idees beteken niks as jy hulle nie prakties toepas nie; dus moet jy aan die gang kom!