JOU DAG

Goeie gebeure sorg vir ’n dag vol kreatiwiteit en deernis.

AS JY VERJAAR

Jy het ’n spesiale talent wat helder skyn. Vanjaar is die jaar om die verhouding tussen gee en neem reg te kry. Balans gee die deurslag.

RAM, 21 Maart – 20 April

Vandag se sterre moedig die vermenging van ’n kreatiewe benadering met ’n ekstra dosis deernis aan. Die geheim tot blywende sukses in 2016 is om ’n balans te handhaaf tussen dit wat jy wil doen en dit wat jy moet doen.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wanneer die maan in die Bul is, bring dit jou sterk punte na vore, soos om stabiel, prakties en betroubaar te wees. Daarby bevorder Mars en Neptunus jou kreatiwiteit en deernis; dus gaan jy ’n wonderlike dag hê.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Streef tuis sowel as by die werk daarna om die regte balans te handhaaf tussen kreatief en prakties wees. Die silwer, magiese maan moedig jou aan om jou intuïsie te volg en op jou voorgevoel te reageer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vandag wentel alles om netwerk en groepsdinamika terwyl jy jou instel op almal om jou, tuis of by die werk. Jy het die vermoë om ander te beïnvloed; maak dus seker jy doen dit op voordelige maniere.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Baie Leeus sal vandag ekstra gesellig voel terwyl julle vars, nuwe vriendskappe verken en nuwe stokperdjies ontdek. Dit is ook net die regte tyd om kontak te maak met jou skeppende, spelerige innerlike kind.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met Jupiter in die teken van die Maagd is die tyd reg om uitdagings met selfvertroue en kreatiwiteit aan te pak. Kommunikasie en reis word bevoordeel wanneer jy in verbinding tree met familie en vriende tuis en oorsee.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Klop jouself op die skouer vir alles wat jy die afgelope tyd suksesvol afgehandel het, Weegskaal. Dis ook tyd om die selfbeeld van dié rondom jou ’n hupstootjie te gee; dus moet jy nie vergeet om andere ook lof toe te swaai nie.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Die beste manier waarop jy jou lewe kan ophelder, is om jou portuurgroep uit te brei deur kreatiewe, vars gesigte in te sluit. ’n Opwindende nuwe stokperdjie sal jou ook help om die wêreld uit ’n nuwe oogpunt te aanskou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Draai ’n bietjie briek aan sodat jy take teen ’n rustiger en plesieriger tempo kan afhandel. As jy na die menings van geliefdes luister en eers dink voor jy iets sê, sal jou verhoudings algaande verbeter.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die maan is in die Bul, jou medegrondteken; dus is die tyd geleë om harde werk te balanseer met pret saam met familie en vriende. Goeie kos en vrolike geselskap sal jou dag verryk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Bring vandag gehaltetyd saam met jou dierbares deur, Waterdraer. Die koestering van vriendskappe en familieverhoudings neem tyd in beslag en verg heelwat geduld, maar dis beslis die moeite werd.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die wonderlike Mars/Neptunus-trigoon sal jou selfversekerdheid ’n hupstoot gee en jou kreatiewe sy aanwakker. Dit is ook die volmaakte dag om proaktief te raak deur hulp te verleen aan iemand wat dit nodig het.