JOU DAG

Streef daarna om ontwrigting koel en beheers baas te raak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is eerbaar en realisties, maar jy kan ook veroordelend en onrealisties wees. Jy behoort jou drome terug te bring aarde toe in die komende jaar – en geliefdes te ondersteun terwyl hulle hulle s’n najaag.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mars, die planeet wat jou beheer, is tot 30 Junie in trurat. Dit is dus tyd vir rem aandraai en nadink oor waarheen jy op pad is, en waar jy was. Wat ’n toekomstige vakansie betref, moet jy fyn beplan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die volgende paar maande is nie ’n goeie tyd om geld te leen of uit te leen, of om ’n gesamentlike finansiële vennootskap te begin nie. Wees liewer ’n geduldige Bul tot ná 30 Junie, wanneer Mars direk draai.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie toelaat dat die verantwoordelikhede van ’n verhouding jou vandag onderkry nie, Tweeling. Die ernstige Saturnus en die terugwaartse Mars vergroot net bestaande probleme, en jy sal agterkom dat die situasie môre ’n bietjie beter lyk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie met ander kan uitdagend wees, aangesien dit vir mense moeilik is om hul emosies te verwoord. Moet dit nie ter harte neem nie. Bepaal liewer jou aandag by ’n belowende persoonlike projek.

LEEU, 24 Jul,-23 Aug.

Jy wil graag gesels en kommunikeer, maar is ander mense in die luim om te luister? Konsentreer op individuele projekte, Leeu, aangesien geliefdes vandag hul aandag by hul eie projekte bepaal.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie vandag te streng wees met jouself nie, Maagd, of toelaat dat omgekrapte senuwees jou verhoed om iets te doen wat jy nog altyd wou doen nie. Jy voel gespanne, maar probeer vandag verhoed dat die klein jakkalsies jou omkrap.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Kommunikasie kan vandag gespanne wees, aangesien ’n geliefde nie jou passie vir ’n huidige projek waardeer nie. Enkellopende Weegskale, as jy te gou te ernstig raak, sal jy moontlike maats wegjaag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Woon jy in ’n finansiële sprokieswêreld? Mars beweeg agteruit in jou geldsone; dus is jy in die luim om te bestee, maar maak seker dat jou geldsake kerngesond is voor jy iets groots aankoop.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die magtige Mars beweeg tot 30 Junie terugwaarts deur jou teken. Dit is dus tyd dat haastige Boogskutters die pas markeer, aangesien sommige planne kan boemerang en energievlakke sal ook baie laer wees as gewoonlik.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy probeer om ander te beheer gaan dit vandag lei tot moeilikheid. Hoe meer outokraties jy is, hoe moeiliker gaan die dag verloop. ’n Onvoorspelbare familielid gaan ook nog jou Steenbok-geduld beproef.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy ’n blymoedige uitkyk op die toekoms het, kan wonderlike geleenthede opduik. Wees egter buitengewoon geduldig en glo jy verdien sukses: werklik, waansinnig, diep.

VISSE, 20 Feb,-20 Mrt.

’n Kollega of ’n geliefde kan vandag miskien iets sê wat jou wankelmoedige eiewaarde skud. Dit is hoogtyd dat ’n Vis hom/haarself op ’n kalm en weldeurdagte manier laat geld.