Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag sal jy voordeel trek as jy positief en produktief optree.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is selfversekerd en waagmoedig. Volgende jaar moet jy meer ontspanne en oopkop wees en heelwat meer pret hê.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is propvol idees. Hoekom deel jy nie jou kreatiewe energie met ander nie? Spanpogings lyk gunstig; julle kan vaardighede deel en waardevolle kennis uitruil.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Intieme verhouding trek voordeel omdat jy minder bevooroordeeld is. Neem jou tyd en ondersoek ’n situasie grondig sodat jy ’n veel groter en wyser perspektief kan kry.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Ou herinnerings kan jou ontstel, maar moenie jou gevoelens onderdruk nie. Gebruik dit as ’n geleentheid om negatiewe, ou energie te ontlaai. Jy kan dan op ’n positiewe en proaktiewe manier met jou lewe voortgaan.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Alle soorte verhoudings val vandag in die kollig -- van kommunikasie van aangesig tot aangesig met familielede en vriende tot kreatiewe kontak in ’n groepsituasie of ’n aanlyn groep.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Volgens die sterre lyk gesin- en besigheidsake en sport en buitelugavonture gunstig. Maak seker jy hou tred met jouself. Om rond te hardloop, gaan jou nie noodwendig vinniger by die eindstreep kry nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is vandag die beste om te sê wat op jou hart is. Moenie toelaat dat geldsake tussen jou en ’n familielid kom nie. Hoe meer positief jy is, hoe aangenamer sal die dag raak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy gaan vandag rusteloos voel. Verandering gee smaak aan die lewe terwyl jy aan die gang bly en uitdagende aktiwiteite beplan om te keer dat jy verveeld raak. Werk en finansiële sake lyk gunstig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerp woorde gaan jou nêrens bring nie. Die fokus is op kommunikasievermoë terwyl jy daarna streef om jou standpunt by ’n geliefde tuis te bring. Luister aandagtig na hul reaksie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mars en Pluto versterk jou materialistiese sy. Jou motto tans kom van jou bekende verjaardaggenoot, Arthur Muller: “Moenie verlei word om te dink dat dit wat nie wins toon, waardeloos is nie.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Liefde, vriendskap, studie en avontuur word vandag gekombineer. As jy jou natuurlike Steenbok-sjarme ten volle benut, gaan jy dit wat jy wil hê op ’n aangename manier kry.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die dag is volmaak om jou innerlike en uiterlike hulpbronne te vertroetel. Indien jou finansies in ’n effense gemors is, doen positiewe stappe om dit uit te pluis. Streef daarna om vredemaker te speel, veral by die werk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer jou bes om vandag eerlik en reguit te wees waar jy met ander mense te doen kry. Moenie waardevolle tyd mors deur suutjies te trap nie. As dinge neig om in ’n sepie te verander, stel jou saak nog ’n slag en gaan voort met jou lewe.

© Joanne Madeline Moore