JOU DAG 

Sake van die hart kan vandag verwarrend wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende jaar is die tyd om vaste fondamente tuis en in jou plaaslike gemeenskap te bou. Weerstaan die drang om ’n eenkantmens te wees deur mense raad te gee en hulle aan te moedig.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy soek vandag magie en misterie op; dus word kreatiewe projekte bevoordeel. Jou beperkte geduld sal egter gou dungeslyt raak met roetinetake, pedantiese mense en frustrerende gesinslede. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit kan vandag baie verwarrend raak wat ’n romantiese verhouding, ’n geldkwessie of groepsituasie betref, Bul. Bly dus waaksaam, anders sal jy nie die ware toedrag van sake reg verstaan nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy wil graag jou kreatiewe idees aan die wêreld oordra – persoonlik, sowel as aanlyn. Jy moet egter vandag dubbel seker maak van alles, anders sal jy gou agterkom jy dra gemengde boodskappe oor.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Son en Mars beweeg albei deur jou teken en dit stimuleer en gee energie aan jou vrugbare verbeelding. Soek dus ’n kreatiewe projek waarin jy werklik jou knypers kan slaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hou jou internasionale verbindings aan die gang. Jy sal op die ou end ryklik beloon word as jy geduld aan die dag lê. Daar kan vandag ’n bietjie verwarring ontstaan wat gesamentlike finansies of gedeelde besittings betref.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Koester jy onredelike verwagtings van dit waartoe ’n geliefde of ’n kollega tans in staat is? Jy moet sake realisties beskou, Maagd, anders sal jy bloot teleurgesteld voel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verhoudings met geliefdes sal vandag verwarrend wees, Weegskaal, want die planete klits teenstellende emosies op. Jy wil mense graag help, maar moenie meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is ingestel om die kollig te gryp en jou professionele ambisies te bevorder. En jy werk hard om jou loopbaandoelwitte te bereik. Jy moet egter nie jou vriende en familie sodoende afskeep nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die ’n wonderlike tyd om goeie kos en aangename geselskap te geniet. Projekte tuis en gesinsake word bevoordeel. As jy egter nie duidelik kommunikeer nie, kan verwarring en ’n deurmekaarspul ontstaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moet jou nie verbeel dinge is erger as wat hulle is nie. Die planete bevoordeel die benadering tot jou daaglikse roetine op ’n kalm en beheerste wyse. Dan sal jy naderhand in staat wees om af te wen en ontspan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Jy wil vandag graag sosiaal verkeer, gesels en te kommunikeer. Vriende en geldsake is egter tans ’n verwarrende mengsel. Probeer dus jou bes om die twee apart te hou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die sterre bevoordeel kreatiewe projekte en verbeeldingryke eskapades. Maar oordoen jy dit, kan jy verdwaal in ’n fantasiewêreld of ’n belangrike boodskap verkeerd interpreter. Bly dus in aanraking met die werklikheid, Visse!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.