JOU DAG

Ander mense kritiseer jou pogings maklik, maar laat dit met ’n glimlag van jou afgly.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om ’n inspirerende leier te wees eerder as eenvoudig baasspelerig. As jy jou energie in produktiewe, kreatiewe projekte kanaliseer, sal jy onkeerbaar wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer om vandag spontaan eerder as roekeloos en innoverend eerder as ongeduldig te wees. ’n gulhartige kollega sal jou graag help. Moet dus nie te trots wees om hulp te vra nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die son en Mercurius beweeg deur jou verhoudingsone. Dit is tyd om met geliefdes te praat. Jy kan ook vriende van ver verwelkom.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou huis is waar jou hart is en jy bring kwaliteittyd saam met jou gesin deur. Jy is lus om iets by die huis reg te maak of aan ’n moeilike verhouding met ’n familielid te werk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Naby verhoudings is in die kollig. Moenie toelaat dat jou emosies jou lewe oorheers nie, maar moet hulle ook nie onderdruk nie. Balans is die sleutel wanneer jou verhouding met iemand verdiep en betekenisvol word.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal nêrens kom deur baasspelerig te wees nie, want jou “onderdane” is lus om terug te kap. Kragtige fisieke oefening sal jou help om op ’n positiewe manier van oormatige energie ontslae te raak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius is tot Saterdag in jou opleidingsone. Jy sal maklik feite opspoor en erg pedanties wees. Probeer om die glas halfvol eerder as halfleeg te beskou!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis tyd om ondersoek in te stel na wie jou voorouers was of om ’n oplossing vir ’n huishoudelike probleem te bedink. Moenie sake op die oppervlak beskou nie – kyk na jou diepste gevoelens, veral wat gesinslede betref.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son en Mercurius beweeg deur jou teken en belig jou positiewe en negatiewe kenmerke. Jy sal met kompromie en samewerking verder kom as met sarkasme en ’n gekla.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy hou daarvan om alleen in die kollig te wees, maar hoe meer jy met kollegas kommunikeer en saamwerk, hoe beter sal die volgende paar weke wees. Benut die kreatiewe talent wat oral om jou is.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou verhouding met familie en vriende sal baie van jou emosionele energie tap. Moenie probleme by die werk vererger nie. Venus spoor jou aan om meer diplomaties as gewoonlik te wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Hardloop jy die afgelope tyd soos iemand op steroïede rond? Die maan beweeg deur jou sone vir afsondering en dit is tyd om jou pas te verstadig en die mooi om jou raak te sien.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die omstandighede is vandag goed vir vennootskappe en gesamentlike ondernemings en jy benut die talent en entoesiasme waarmee jy omring is. Koester ander se kreatiwiteit en jy sal beloon word